SpaceX

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Space Exploration Technologies Corp.
SpaceX-Logo.svg
Tipe Ruimte
Gestig Mei 6, 2002; 17 jaar gelede (2002-05-06)
StigterElon Musk
Hoofkantoor Hawthorne, California, U.S.
33°55′15″N 118°19′40″W / 33.9207°N 118.3278°W / 33.9207; -118.3278Koördinate: 33°55′15″N 118°19′40″W / 33.9207°N 118.3278°W / 33.9207; -118.3278
SleutelpersoneElon Musk
Gwynne Shotwell
Tom Mueller
ProdukteFalcon loods voertuie
Dragon ruimtetuie
ASDS landingsplatform
DiensteOrbitale vuurpyl lansering
WerknemersBeraamde 7,000
(November 2017)
EienaarElon Musk Trust
(54% aandele, 78% stemreg)

Space Exploration Technologies Corp., wat sake doen as SpaceX, is'n Amerikaanse ruimte vervaardiger en ruimte vervoer maatskappy het sy hoofkantore in Hawthorne, Kalifornië. Dit is gestig in 2002 deur die entrepreneur Elon Musk met die doel van vermindering van ruimte vervoer koste en sodat die uiteindelike kolonisasie van Mars kan plaasvind.[1] SpaceX het sedertdien die Falcon lanseringsvoertuig familie en die Dragon ruimtetuig familie ontwikkel; beide word tans gebruik om ruimtetuie na die lae aarde wentelbaan te vervoer.

SpaceX se prestasies sluit in die eerste privaat befondsde vloeistof-dryfmiddel vuurpyl wat in 'n wentelbaan om die aarde geplaas is (Falcon 1 in 2008);[2] die eerste privaat befondsde maatskappy wat suksesvol 'n ruimtetuig kon lanseer, in 'n wentelbaan plaas en kon terugkry (Dragon in 2010); die eerste private maatskappy wat 'n ruimtetuig na die Internasionale ruimtestasie kon stuur (Draak in 2012);[3] die eerste vertikale landing van 'n orbitaale vuurpyl (Falcon 9 in 2015); en die eerste hergebruik van'n orbitaale vuurpyl (Falcon 9 in 2017). In Maart van 2017 het SpaceX al 10 maal  Internasionale ruimtestasie (ISS) besoek. NASA het ook 'n verdere ontwikkelingskontrak in 2011 aan SpaceX toegeken om 'n weergawe van die Dragon ruimtetuig te ontwikkel en te demonstreer dat dit die vermoe het om mense na die buitenste ruim te vervoer. Hierdie ruimtetuig sal onder andere deur NASA gebruik word om ruimtevaarders na en van die Internasionale Ruimtestasie te vervoer.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Kenneth Chang (September 27, 2016). Elon Musk’s Plan: Get Humans to Mars, and Beyond. New York Times. URL besoek op September 27, 2016.
  2. Stephen Clark (September 28, 2008). Sweet Success at Last for Falcon 1 Rocket. Spaceflight Now. URL besoek op March 1, 2017.
  3. Kenneth Chang (May 25, 2012). Space X Capsule Docks at Space Station. New York Times. URL besoek op May 25, 2012.
  4. Kirstin Brost (April 19, 2011). SpaceX Wins NASA Contract to Complete Development of Successor to the Space Shuttle. SpaceX. URL besoek op December 8, 2015.