Stephen Kovasewitsj

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Stephen Kovasewitsj (1970)

Stephen Kovasewitsj (* 7 Oktober 1940), voor 1975 bekend as Stephen Bishop, is 'n Amerikaanse klassieke pianis en dirigent.[1]

Biografie[wysig | wysig bron]

Stephen Kovasewitsj is in San Pedro, Los Angeles, Kalifornië gebore; die seun van 'n vader van Kroatiese afkoms en 'n Amerikaanse moeder. Toe sy moeder weer in die huwelik getree het, is sy naam na Stephen Bishop verander - die naam waaronder hy in sy vroeë loopbaan gespeel het. Hy het later ontdek dat hy dikwels verwar word met die sanger en kitaris Stephen Bishop (kitaris). Ten einde verwarring te vermy het hy begin optree as Stephen Bishop-Kovasewitsj en later bloot as Stephen Kovasewitsj.[2]

Optredes[wysig | wysig bron]

Hy het sy konsertbuiging as pianis op die ouderdom van elf jaar gemaak. Hy het toe op die ouderdom van agtien jaar na Londen getrek ten einde onder Dame Myra Hess by wyse van 'n beurs te studeer, en is sedertdien 'n Londense inwoner wat tans woonagtig is in Hampstead. In 1961 het hy 'n sensasionele Europese buiging by Wigmore Hall gehad, en Alban Berg se klaviersonata, drie van Bach se Preludes en Fugas en Beethoven se Diabelli Variasies gespeel. Hy het ook deur Brittanje getoer saam met Jacqueline du Pré.[3]Hy was van 1961 tot 1967 getroud met die romansier en psigoterapeut Bernardine Bishop (née Wall), wat in 2013 gesterf het. Hulle het twee seuns gehad, naamlik Matt Bishop ('n direkteur van die McLaren Formule 1-span en Foff Bishop ('n Wes-Sussex brandbestryder).[4]Kovasewitsj het in 1967 sy debuut in New York gemaak, en sedertdien het hy deur Europa, die Verenigde State, die Verre Ooste, Australië, Nieu-Seeland en Suid-Amerika getoer. As solis en dirigent het hy dikwels werke van onder andere, Mozart, Beethoven, Schubert, Brahms en Bartók gespeel en opgeneem. Sy kamermusiek-vennote het o.a. Jacqueline du Pré, Martha Argerich, Steven Isserlis, Nigel Kennedy, Lynn Harrell, Sarah Chang, Gautier Capuçon, Renaud Capuçon en Emmanuel Pahud ingesluit. Hy het ook vir baie jare meesterklasse en opvoerings gegee by die Dartington Internasionale Somerskool.

Persoonlike lewe[wysig | wysig bron]

Hy was die derde eggenoot van Martha Argerich.[5]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Adrian Room Dictionary of Pseudonyms: 13,000 Assumed Names and Their Origins 2010, bl. 62
  2. Hampstead and Highgate Express (12 Junie 2009). "Brahms brings balm" Geargiveer 19 Oktober 2013 op Wayback Machine
  3. Elizabeth Wilson Jacqueline Du Pre: Her Life, Her Music, Her Legend 1999, bl. 136
  4. Guardian obituary https://www.theguardian.com/books/2013/jul/05/bernardine-bishop
  5. Gramophone Magazine (November 2008). "Martha Argerich speaks to Stephen Kovacevich with Jeremy Nicholas". URL besoek op 4 Junie 2014.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]