Swartkopspinnekopbos
Voorkoms
Swartkopspinnekopbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. hirsuta
|
Binomiale naam | |
Serruria hirsuta R.Br., (1810)
| |
Sinonieme | |
|
Die Swartkopspinnekopbos (Serruria hirsuta) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Kaapse Skiereiland by die Swartkop bo Simonstad voor. Die struik word tot 50 cm lank word en blom van Junie tot Oktober.
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in sandsteengrond op hoogtes van 360 - 470 m.
In Engels staan dit as die Swartkops Spiderhead bekend.