Tananas
Voorkoms
Tananas | |
---|---|
Oorsprong | Suid-Afrika |
Genres | Jazz |
Jare aktief | 1987–1993 |
Etikette | Gallo, Sony |
Gewese lede | Steve Newman Gito Baloi Ian Herman |
Tananas is 'n Suid-Afrikaanse jazz musiekgroep wat in 1987 gestig is. Die oorspronklike groepslede is die Mosambiekse Gito Baloi (bas en koor), Ian Herman (dromme en perkussie) en Steve Newman (akoestiese kitaar).[1]
Tananas vermeng klanke vanuit Afrika, Spanje, die Midde- en Verre Ooste wat hulle saamgevat in 'n tipe "township jive".
Die groep het hul debuut in 'n kroeg in Johannesburg in 1987 gemaak.[2] Hulle breek in 1993 op, maar het nog af en toe bymekaargekom vir optredes totdat Gito op 4 April 2004 in Johannesburg doodgeskiet is, terwyl hy op pad huis toe was na 'n opvoering in Pretoria.[3]
Lede
[wysig | wysig bron]Die Tananas bestaan uit:
- Steve Newman, kitaar.
- Gito Baloi, bas en koor.
- Ian Herman, dromme en perkussie.
Diskografie
[wysig | wysig bron]- Tananas – 1988
- Spiral – 1990
- Orchestra Mundo – 1994
- Time – 1994
- Unamunacua – 1996
- The Collection – 1997
- Seed – 1999
- Alive in Jo'burg – 2001
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Tananas: Biography". VH1.com Urge Music Downloads (in Engels). All Media Guide, LLC. 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2009. Besoek op 7 Junie 2007.
- ↑ Tananas bied 'n diepe dimensie aan musiek Geargiveer 28 Julie 2011 op Wayback Machine, Die Burger, 27 Mei 1994.
- ↑ "South Africa music star shot dead" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2019. Besoek op 28 Maart 2017.