Teenpous Felix II

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Teenpous Felix II
Afbeelding van Felix II in Sint Paulus buite die Mure
Afbeelding van Felix II in Sint Paulus buite die Mure
Geboortedatum
Sterfdatum 22 November 365
Sterfplek Portus Romae
Teenpous van Pous Liberius
Begin van pontifikaat 356
Einde van pontifikaat 357

Felix II is die derde teenpous van die Rooms Katolieke Kerk. Soms word hy in die opeenvolging van pouse oorgeslaan en word Pous Felix III Pous Felix II of soms Felix II (III) of self Felix III (II) genoem.

Biografie[wysig | wysig bron]

In 356 verban keiser Constantius II die heersende Pous Liberius na Beraea in Thracië. Pous Liberius het geweier om die keiser te steun en biskop Atanasius van Aleksandrië te vervloek. Die aartsdiakonaat verhef toe, in Liberius se afwesigheid, Felix II [1][2]tot pous. Die priesters en die volk was teen die aanstelling. In 357 stem Constantius in om op aandrang van 'n aantal vooraanstaande Romeinse vroue, Liberius weer vry te laat onder die veronderstelling dat Felix en Liberius saam sou regeer. Liberius was egter so populêr dat Felix gedwing is om te vlug. Felix het die res van sy lewe in Porto deurgebring. In die apokriewe boeke “Acta Felicis” en “Acta Liberii” en die Liber Pontificalis word Felix as 'n heilige en martelaar beskrywe, maar dit berus waarskynlik op verwarring met 'n naamgenoot. Ook die opgrawing van die liggaam van Felix II onder Pous Gregorius XII het geen uitsluitsel gebring nie.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Felix (II). (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica
  2. Kirsch, J.P. (1909). Felix II. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek April 28, 2014 by New Advent: http://www.newadvent.org/cathen/06030a.htm


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.