Tetrakwark

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

’n Tetrakwark is in deeltjiefisika ’n eksotiese meson wat uit vier kwarke bestaan. In beginsel is ’n tetrakwark-toestand moontlik in kwantum-chromodinamika, die moderne teorie van sterk wisselwerkings.

Die eerste kandidaat-tetrakwark is in 2003 in Japan voorgestel.[1] Dié deeltjie sou 3 872 MeV weeg. In 2007 is die Z(4430)-deeltjie voorgestel wat ’n massa van 4 430 MeV sou hê, en in 2014 is dit waargeneem by die Groot Hadronversneller.[2]

In 2009 het Fermilab aangekondig hulle het ’n deeltjie ontdek wat voorlopig Y(4140) genoem word, en dit kan ook ’n tetrakwark wees.[3] In 2010 het drie wetenskaplikes data van vorige eksperimente herontleed en aangekondig dat ’n goed gedefinieerde tetrakwark bestaan.[4][5]

In Junie 2013 het twee onafhanklike groepe die moontlike ontdekking van die Zc(3900)-tetrakwark aangekondig.[6] [7]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. D. Harris (13 April 2008). “The charming case of X(3872)”. Symmetry Magazine. URL besoek op 17 Desember 2009.
  2. LHCb confirms existence of exotic hadrons”.
  3. Anne Minard (2009-03-18). “New Particle Throws Monkeywrench in Particle Physics”. Universetoday.com. URL besoek op 2014-04-12.
  4. Evidence grows for tetraquarks”. physicsworld.com. URL besoek op 2014-04-12.
  5. A. Ali, C. Hambrock, M.J. Aslam (2010). “Tetraquark Interpretation of the BELLE Data on the Anomalous Υ(1S)π+π- and Υ(2S)π+π- Production near the Υ(5S) Resonance”. Physical Review Letters 104 (16). DOI:10.1103/PhysRevLett.104.162001.
  6. Physics – New Particle Hints at Four-Quark Matter”. Physics.aps.org: 2013-06-17. URL besoek op 2014-04-12.
  7. Eric Swanson (2013). “Viewpoint: New Particle Hints at Four-Quark Matter”. Physics 69 (6). DOI:10.1103/Physics.6.69.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]