Elektronneutrino

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Elektron-antineutrino)
Jump to navigation Jump to search
Die elektron-neutrino is ’n eerstegenerasie-lepton.

Die elektronneutrino of elektron-neutrino is ’n elementêre lepton wat geen netto elektriese lading het nie. Saam met die elektron vorm dit die eerste generasie van leptone, vandaar sy naam. Dit is in 1956 ontdek.

Soos alle elementêre deeltjies het die elektronneutrino ’n antideeltjie, die elektron-antineutrino, warvan sommige eienskappe dieselfde magnitude maar ’n teenoorgestelde teken het.