Trosden

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Pinus pinaster
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)[1]

Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Pinophyta
Klas: Pinopsida
Orde: Pinales
Familie: Pinaceae
Genus: Pinus
Spesie: P. pinaster
Binomiale naam
Pinus pinaster
Aiton

Die trosden (Pinus pinaster) is 'n indringerplant en keëldraende boom wat tot 15 m hoog kan word. Dit groei in berg- en laaglandfynbos aan die suidkus van die Wes-Kaap. Die boom is deur vroeë setlaars in die Kaapse Skiereiland ingevoer; dit was aanvanklik aangeplant om watervloei van Tafelberg af te verbeter.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Keëls
Bas

Die boom is groot, keëldraend en met 'n keëlvormige kroon. Die bas het duidelike donker groewe. Die naaldblare is in pare.

Die boom is inheems in Mediterreense Europa en Noord-Afrika.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

  1. Farjon, A. (2011). "Pinus pinaster". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2014.3. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 15 Februarie 2015. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]