Uzair Cassiem
| |||||
Geboortedatum | 17 Maart 1990 | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboorteplek | Strand, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,89 m | ||||
Massa | 98 kg | ||||
Skool | Hoërskool Strand, Strand | ||||
Universiteit | Boland-kollege | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Losvoorspeler | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2011 2011 |
UWK Goue Leeus |
||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2011–2012 2012 2012–2015 2016 |
Goue Leeus Valke Pumas Vrystaat |
5 3 71 |
(5) (10) (65) | ||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2016– | Cheetahs | 3 | (5) | ||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2013 | SA Presidente-XV | 4 | (10) |
Uzair Cassiem (* 17 Maart 1990, Strand) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat in die Superrugbyreeks vir die Cheetahs, en in die Curriebeker vir die Vrystaat Cheetahs as losvoorspeler speel.[1][2]
Cassiem het, voordat hy by die Vrystaat Cheetahs aangesluit het, vir die Goue Leeus, Valke en Pumas gespeel.
In 2013 is hy by ’n Suid-Afrikaanse Presidente-XV ingesluit wat aan die 2013 Tbilisibeker van die IRR deelgeneem het;[3] die span het die toernooi gewen en het al hul wedstryde gewen.[4] Cassiem het twee drieë gedruk en was saam met twee ander spelers die topdriedrukker van die toernooi.
Hy was ’n lid van die Pumas-span wat in 2015 vir die eerste keer die Vodacombeker gewen het toe hulle die Westelike Provinsie met 24–7 in die eindstryd geklop het.[5] Cassiem het in al tien wedstryde van daardie seisoen gespeel.
Ten spyte daarvan dat Cassiem voor die aanvang van die 2016-seisoen ’n kontrak met die Griekwas geteken het,[6] is hy by die Cheetahs se oefengroep ingesluit[7] en is later aangekondig dat hy vir die duur van die 2016-seisoen in Bloemfontein sou wees.[8]
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Uzair Cassiem SA Rugbyspelersprofiel". sarugby.net. Besoek op 8 April 2013.
- ↑ "Leeuflank vir Pumas". SupaRugby.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 8 April 2013.
- ↑ "SA Presidente-XV gekies vir IRR Tblisibeker". Suid-Afrikaanse Rugbyunie (in Engels). 17 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 21 Mei 2013.
- ↑ "SA Presidente-XV wen Tbilisibeker". IRR (in Engels). 16 Junie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2014. Besoek op 17 Junie 2013.
- ↑ (en) "Steval Pumas eerste keer Vodacombekerkampioene – Finale Verslag". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 31 Mei 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2015. Besoek op 31 Mei 2015.
- ↑ "Blitsbok Ruhan Nel draf op vleuel uit in Loftus-stryd". Netwerk24. 13 Augustus 2015. Besoek op 13 Augustus 2015.
- ↑ (en) Cheetahs (3 November 2015). "Toyota Cheetah Superrugby Voorseisoenspan aangekondig". Persberig. http://www.fscheetahs.co.za/News.aspx?newsid=3029. Besoek op 3 November 2015.
- ↑ "Cheetahs hou asem op oor Petersen". Netwerk24. 15 Januarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 15 Januarie 2016.