Veelbalk-sitarien

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Veelbalk-sitarien
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Characiformes
Familie: Citharinidae
Genus: Hemigrammocharax
(Pellegrin, 1923)[1]
Spesie: H. multifasciatus
Binomiale naam
Hemigrammocharax multifasciatus
(Boulenger, 1923)[2][3]

Die Veelbalk-sitarien (Hemigrammocharax multifasciatus) is 'n varswater vis wat voorkom in die boonste gedeelte van die Zambezirivier en die Okavango-, Kunene- en Kafueriviere. Dit kom ook in die Kongorivierstelsel voor. In Engels staan die vis ook bekend as die Multibar citharine.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis het 'n onvolledige sylyn en die lyf is slank en plat met 'n gepunte kop; die oë is relatief groot. Die vis is deurskynend, lig olyfkleurig met 16-25 vertikale strepe op die lyf en daar is 'n swartkol op die basis van die stertvin. Die vis word 45 mm lank.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis verkies water met baie plantegroei in of vlak mere. Hulle vreet klein ongewerweldes en wortels van plante en broei in die somer.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Pellegrin, J., 1923. Les poissons des eaux douces de l'Afrique occidentale (du Sénégal au Niger). Gouv. Gén. L'Afrique Occ. Fr., Pub. Cm. D'Etud. Sci. Paris: 1-373.
  2. BioLib (en)
  3. Boulenger, G. A., 1923. Descriptions of three new fresh-water fishes from northern Rhodesia. Ann. S. Afr. Mus. v. 13 (pt 7, núm. 13): 437-438.

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]