Verlorenvallei-natuurreservaat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Verlorenvallei-natuurreservaat is ‘n beskermde natuurgebied in die noordweste van Mpumalanga.

Die reservaat lê op die plato van die Steenkampsberg, direk noord van Belfast, net noordwes van Groot Suikerbosberg, 13km noordnoordoos van Dullstroom, wes van Santapas op die R540-pad en naby die grens met Limpopo. Dit is nagenoeg by 25° 17′ suid en 30° 9′ oos en heeltemal bo die 2 000m bo seespieël.

In die park van 5 890ha is daar meer as 30 vleie. Hierdie pemanente varswatermoerassse is die opvanggebied vir belangrike riviere in Suid-Afrika en Mosambiek en huisves ‘n ryke verskeidenheid aan bedreigde plante, skoenlappers en soogdiere. ‘n Projek is hier geloods om die lelkraanvoël van uitwissing te red. In 2001 is dit tot ‘n Ramsar-gebied verklaar.

Die volgende plante en diere kom in die reservaat voor: lelkraanvoël, mahem, bloukraanvoël, kalkoenibis, koester (voël), lewerik, landeryklopkloppie, laksmanne, rooivink, bergwagter, grondspeg, rooivlerkpatrys, bergpatrys, berglyster, oorbietjie, steenbok, strandwolf, rooikat, tierboskat, jakkals, otter, sebra, wildebees, blesbok, skoenlapper en die bedreigde bolplant Eucomis vandermerwei.

Let Wel[wysig | wysig bron]

Lees ook[wysig | wysig bron]