Von der Deckense neushoringvoël
Von der Deckense neushoringvoël | |
---|---|
Mannetjie | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | T. deckeni
|
Binomiale naam | |
Tockus deckeni (Cabanis, 1869)
| |
Verspreiding van Von der Deckense neushoringvoël (Nota: Sluit ook Jacksonse neushoringvoël se verspreiding in) |
Von der Deckense neushoringvoël (Tockus deckeni) is 'n neushoringvoëlspesie wat in Oos-Afrika voorkom. Die naam is 'n eerbetoon aan die Duitse ontdekkingsreisiger Karl Klaus von der Decken (1833-1865), wat die voël ontdek het tydens sy ekspedisie op die berg Kilimanjaro.
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Von der Deckense neushoringvoël word 43-51 cm lank. Dit het 'n wit bors met egalige swart vlerke, dus sonder stippels of strepe. Die mannetjie het 'n helderrooi snawel met 'n ivoorkleurige uiteinde, terwyl die wyfie se snawel swart is.[2]
-
Wyfie - swart snawel
-
Mannetjie - helderrooi snawel
Verspreiding en leefgebied
[wysig | wysig bron]Von der Deckense neushoringvoël kom voor in 'n aantal lande in Oos-Afrika, by name Ethiopië, Somalië en sentraal-Tanzania. Dit is ook 'n tipiese soort van die droë gebiede van Kenia. Sy leefgebied bestaan uit droë struikgewas, oop bosgebiede met acacias en rivierbegeleidende bos. Sy roep, 'n aanhoudende "wot, wot....", is karakteristiek.
Status
[wysig | wysig bron]Hierdie voël verskyn as "nie bedreig" op die IUBN-rooilys.[1]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Tockus deckeni. |
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 "Tockus deckeni". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. 2012. Besoek op 26 November 2013.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - ↑ (en) Williams, J.G. & N. Arlott, 1986. A field guide to the birds of East Africa. Collins, London. ISBN 9780002 191791