Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/4 Julie
Voorkoms
4 Julie: Onafhanklikheidsdag in die Verenigde State (1776); Republiekdag in die Filippyne (1946)
- 1054 – Chinese sterrekundiges neem 'n supernova in die Krap-newel waar.
- 1776 – Die Kontinentale Kongres bekragtig die Verenigde State se onafhanklikverklaring van die Koninkryk van Groot-Brittanje.
- 1879 – Anglo-Zoeloe-oorlog: Cetshwayo se magte word finaal deur die Britte verslaan by oNdini (Ulundi) en sy koninklike woning word afgebrand.
- 1934 – Die Poolse chemikus en dubbele Nobelpryswenner Marie Curie sterf op 66-jarige ouderdom aan leukemie.
- 1976 – Operasie Entebbe: Israeliese kommando's oorval Uganda se Entebbe-lughawe om gyselaars te bevry wat deur militante van die Palestynse Bevrydingsorganisasie en Rote Armee Fraktion aangehou is.