Krap-newel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Krap-newel
M1, die Krap-newel
M1, die Krap-newel
Soort newel Supernova-oorblyfsel
Sterrebeeld Bul
Messier-naam Messier 1
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 05h 34m31,94s
Deklinasie +22º 00' 52,2"
Skynmagnitude (m) 8,4
Absolute magnitude (M) −3,1
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 6 500
Skynbare grootte 420" × 290"
Besonderse kenmerke Optiese pulsar
Ander name
NGC 1952, Sharpless 244
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Krap-newel (ook bekend as Messier 1 of NGC 1952) is ’n supernova-oorblyfsel en pulsarwind-newel in die sterrebeeld Bul. Dit is in 1731 deur John Bevis waargeneem; dit stem ooreen met die helder supernova SN 1054 wat in 1054 gesien is deur Arabiese, Sjinese en Japannese sterrekundiges.

Dit is sowat 6 500 ligjare (2 000 parsek) van die Aarde af en het ’n deursnee van 11 ligjare. Dit is deel van die Perseus-arm van die Melkweg en sit uit teen sowat 1 500 km per sekonde. In die middel van die newel lê die Krap-pulsar, ’n polsende ster van 28-30 km breed.[1]

Die newel is die eerste sterrekundige voorwerp wat verbind is met ’n historiese supernova-ontploffing en was in 1758 die eerste Messier-voorwerp wat gelys is.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Crab Nebula: The Spirit of Halloween Lives on as a Dead Star Creates Celestial Havoc”. Chandra X-ray observatory: 24 Oktober 2006. URL besoek op 11 Februarie 2012.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Koördinate: Sky map 5h 34m 31.97s, +22° 00′ 52.1″