Wit seebaber

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Wit seebaber
Bewaringstatus

Nie geëvalueer (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Siluriformes
Familie: Ariidae
(Bleeker, 1862)[1]
Genus: Galeichthys
(Valenciennes, 1840)[2]
Spesie: G. feliceps
Binomiale naam
Galeichthys feliceps
(Valenciennes, 1840)[3][4]
Sinonieme
  • Arius feliceps (Valenciennes, 1840)
  • Bagrus capensis (Smith, 1840)
  • Bagrus feliceps (Valenciennes, 1840)
  • Galeichthys ocellatus (Gilchrist & Thompson, 1916)[5]

Die Wit seebaber (Galeichthys feliceps) is 'n vis wat endemies aan Suid-Afrika is en kom voor van Swakopmund tot by Oos-Londen. In Engels staan die vis bekend as die White sea-catfish.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis het nie skubbe nie en die stert vin is diep gevurk. Die vis se kleur wissel van grys of groenerig bruin tot bruin aan die bokant en is ligter aan die onderkant met die pens amper wit. Hulle word 55 cm lank.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis verkies beskermde water en strandmere om in te leef. Hulle skiet kuit gedurende September tot Desember. Die mannetjie dra die eiers en pasgeborenes in sy mond rond vir 3 - 4 maande. Gedurende die tyd eet die vis nie en verloor tot 24% van sy liggaam massa. Hulle eet skaaldiere, slakke en vissies.

Die dorsale en pektorale-vinne se strale is giftig en kan pynlike wonde veroorsaak. Aanbevole behandeling teen die gif is om die geaffekteerde area in warm water (50 °C) te plaas vir ongeveer 30 minute. Die vis kan geëet word.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. uBio (en)
  2. Cuvier G. & Valenciennes A., 1840. Histoire naturelle des poissons. Tome quinzième. Suite du livre dix-septième. Siluroïdes. Hist. Nat. Poiss. v. 15. i-xxxi + 1-540.
  3. BioLib (en)
  4. Cuvier, G. & A. Valenciennes, 1840. Histoire naturelle des poissons. Tome quinzième. Suite du livre dix-septième. Siluroïdes. Hist. Nat. Poiss. v. 15: i-xxxi + 1-540, Pls. 421-455.
  5. Catalogue of Life (en)

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]