Siluriformes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Siluriformes
Tydperk: Jura - Hede[1][2]
Ictalurus punctatus
Arius felis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Siluriformes
Families

Sien teks.

Siluriformes (babers) is 'n vis-orde wat hoort tot die klas Actinopterygii.

Kenmerke[wysig]

Dié orde is een van die grootstes met ongeveer 31 families, 400 genera en oor die 2200 spesies. Die meerderheid van die families leef in varswater en slegs twee families leef in die see. Babers kom die meeste voor in Suid-Amerika maar word ook gevind in Afrika, Noord-Amerika en Eurasië. Hulle almal het drie tot vier baarde om die mond en het geen skubbe nie. Baie spesies het 'n skerp stekel in die dorsale en pektorale vinne.

Babers in Suid-Afrika[wysig]

Babers is een van die gewildste teikenvis onder varswater hengelaars in Suid-Afrika en die afgelope tien jaar het die baber al hoe gewilder geword. Die baber is, na alles, die grootste inheemse roofvis in ons waters; dit is volop, baklei baie goed op ‘n vishoek en is boonop ‘n uitstekende tafelvis. Daarbenewens gryp ‘n baber net so gretig ‘n kunsaas as enige ander aas, wat dit ook ‘n gewilde teiken vir kunsaas-hengelaars maak..[3]

Families[wysig]

Die volgende families is deel van die orde Siluriformes:

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Carroll, R. «Vertebrate paleontology and evolution». (1988). W.H. Freeman, Nova York, Estats Units, 698 p.
  2. Colbert, E. i M. Morales «Evolution of the vertebrates». (1991) John Wiley Liss and Son Inc., Nova York, Estats Units, 470 p.
  3. Baber Hengel, besoek op 27 Mei 2013