Witborskormorant
Witborskormorant | |
---|---|
Witborskormorant by die Naivashameer in Kenia | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. lucidus
|
Binomiale naam | |
Phalacrocorax lucidus (Lichtenstein, 1823)
|
Die Witborskormorant of Witborsduiker (Phalacrocorax lucidus) is 'n watervoël, hoofsaaklik kuslewend, wat aan die hele Suid-Afrikaanse kus voorkom, asook binnelands, hoofsaaklik op damme en mere. In Engels staan die voël bekend as die White-breasted Cormorant.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Hierdie kormorant het 'n donkerbruin rugkant en stert, wit keel en bors terwyl alle vlerkvere swart rande het. Die onvolwassenes is 'n effens ligter bruin van kleur sonder enige wit op die bors.
Habitat en gewoontes
[wysig | wysig bron]Hulle kom veral voor by riviermondings, strandmere, eilande en binnelandse waters. Die voëls kan enkellopend wees of in swerms voorkom. Hulle sit graag op takke of stompe met die vlerke uitgestrek om droog te word. Hulle vreet hoofsaaklik vis en maak nes in kolonies op rotslyste, in bome of op die grond.
-
'n Neskolonie in iSimangaliso-vleilandpark, Suid-Afrika
-
Volwasse broeiers, Lake Edward, Uganda
-
Hierdie een speel met 'n veer, Ethiopië.
-
Invlug met nesmateriaal
-
Witborsduiker met uitgegroeide kleintjie in Wes-Kaap
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronne
[wysig | wysig bron]- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- Newman se Voëls volgens kleur. Kenneth Newman. 2000. ISBN 1-86872-449-2