Boom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Bome)
Jump to navigation Jump to search
'n Rooihoutboom, die hoogste boomspesie op aarde

'n Boom is 'n groot houtagtige plant met 'n kroon. Daar is nie eensgesindheid oor die presiese omskrywing van 'n boom nie. Sommige definisies verwys na die plant se hoogte (minimum 4 meter) benewens die besit van 'n stam. Dit is bekend dat sommige bome soos die moerassipres (Taxodium distichum) van die oostelike Verenigde State meer as 2 000 jaar oud kan word.[1] Sade van bome kan ook lank oorleef. Verskeie sade van die Judese dadelpalm, 'n uitgestorwe variëteit van Phoenix dactylifera, is vanaf 1963 te Masada in Israel gevind. Die sade het volgens koolstofdatering uit die eerste, tweede en vierde eeue voor Christus dateer, asook die eerste eeu n.C.. Etlike hiervan is tog tussen 2005 en 2014 ontkiem en het lewenskragtige dadelpalms van albei geslagte opgelewer.[2]

Hoofboomgroepe[wysig | wysig bron]

Blomdraende plante (Magnoliophyta; angiosperme)[wysig | wysig bron]

Dikotiele (Magnoliopsida) A – F[wysig | wysig bron]

Berkeboom (voorgrond) en Moepelboom (agtergrond) in herfs

H – P[wysig | wysig bron]

Nyssaceae: 'n Duifboom in blom

R – Z[wysig | wysig bron]

Geelmoepel in herfs

Monokotiele (Liliopsida)[wysig | wysig bron]

'n Judese dadelpalm, Metusalag genoem, te Ketura, Israel. Hierdie manlike plant het uit 2000 jaar oue saad ontkiem.

Konifere (Pinophyta; Sagtehoutbome)[wysig | wysig bron]

Ginkgos (Ginkgophyta)[wysig | wysig bron]

Broodbome (Cycadophyta)[wysig | wysig bron]

Varings (Pterophyta)[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Georgiou, Aristos (10 Mei 2019). "2,624-Year-Old Tree Discovered In North Carolina Swamp Is One Of The Oldest On Earth". newsweek.com. Newsweek. Besoek op 6 Maart 2020.
  2. Gillan, Joanna. "The Judean Date Palm: Extinct Tree Resurrected from Ancient Seeds". Ancient Origins. ancient-origins.net. Besoek op 26 November 2020.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]