Groen-jobvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Groen-jobvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Suborde: Percoidei
Familie: Lutjanidae
Genus: Aprion
(Valenciennes, 1830)[1]
Spesie: A. virescens
Binomiale naam
Aprion virescens
(Valenciennes, 1830)[2]
Sinonieme
  • Aprion kanekonis (Tanaka, 1914)[3]

Die Groen-jobvis (Aprion virescens) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die Golf van Aden tot by Oos-Londen. Dit was al gevind by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Green jobfish terwyl dit ook as Kaalkop bekend staan in Afrikaans.

Voorkoms[wysig]

Die kop en lyf is donker groen of blou aan die bokant terwyl die sye helder blouerig pers is. Die middelste dele van die dorsalevin se basis is swart. Die stertvin is gevurk en die pektorale vinne is kort. Daar is 'n groef op die snoet onder die neusgate. Die vis word tot 1.1 m lank en weeg tot 16 kg.

Habitat[wysig]

Die vis leef in koraal en rots riwwe in water wat 20-180+ m diep is. Hulle vreet vis, krappe, soöplankton en garnale en is gewoonlik alleenlopers maar kom soms saam voor in groepe van 4-6 visse. Die vis is gewild onder die skubaduikers. Die IGFA hengelrekord is 15.4 kg en gevang naby Kaap Vidal. Die vis is 'n goeie eetvis maar het ook al ciguatera vergiftiging veroorsaak.

Sien ook[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor:

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Cuvier G. & Valenciennes A., 1830. Historie naturelle des poissons. Tome Sixième. Livre sixième. Partie I. Des Sparoïdes; Partie II. Des Ménides. Hist. Nat. Poiss. v. 6. i-xxiv + 6 pp. + 1-559. Pls. 141-169.
  2. BioLib (en)
  3. Catalogue of Life (en)

Eksterne skakel[wysig]