Hadeïkum

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die nuut gevormde Aarde het hoë temperature gehad vanweë vulkaniese uitbarstings en botsings.

Die Hadeïkum of Hadeïese Eon is die eerste geologiese eon in die Aarde se bestaan. Dit het sowat 4,54 miljard jaar gelede begin met die vorming van die Aarde en sowat 4 miljard jaar gelede geëindig met die begin van die Argeïkum. Die naam kom van Hades, die antieke Griekse god van die onderwêreld na aanleiding van die hel-agtige toestande op die Aarde in dié tyd: die planeet het pas gevorm en was nog baie warm vanweë vulkaniese uitbarstings, ’n gedeeltelik gesmelte oppervlak en gereelde botsings met ander liggame in die Sonnestelsel.

Ouer geskrifte verwys dikwels na dié eon bloot as die Pre-Argeïkum.

  Geologiese eons:     Hadeïese Eon     Argeïese Eon     Proterosoïese Eon     Fanerosoïese Eon