Labridae

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Labridae
Thalassoma lunare
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Suborde: Labroidei
Familie: Labridae
Cuvier, 1816
Genera

Sien teks.

Die Lipvisse & Varkvisse (Labridae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is agt en sestig genera met ongeveer 460 spesies in die familie. Sewentig van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke[wysig]

Die familie se lywe is reghoekig tot lank, bedek met klein skubbe en die hele familie het een dorsale vin. Die meeste spesies het dik lippe. Die grootte wissel van 45 cm - 2.3 m;.

Habitat[wysig]

Die familie is daglewende jagters wat leef op skaaldiere, slakke en wurms. Party spesies eet ook soöplankton. Gedurende die nag begrawe van die kleiner spesies hulle in die sand om weg te kruip van roofvisse. Alle spesies van die familie is afwisselende hermafrodiete.

Genera[wysig]

Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Anchichoerops
  • Bodianus
  • Cheilio
  • Cirrhilabrus
  • Coris
  • Gomphosus
  • Halichoeres
  • Hologymnosus
  • Labroides
  • Macropharyngodon
  • Novaculichthys
  • Oxycheilinus
  • Pseudocheilinus
  • Pseudodax
  • Stethojulis
  • Thalassoma

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Labridae (kategorie)

Bron[wysig]