Sigaar-lipvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sigaar-lipvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Labridae
Genus: Cheilio
Spesie: C. inermis
Binomiale naam
Cheilio inermis
(Forsskål, 1775)

Die Sigaar-lipvis (Cheilio inermis) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooi See en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Groot-Keirivier in Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Cigar wrasse.

Voorkoms[wysig]

Die vis is lank en ietwat plat. Die sylyn is aaneenlopend en loop feitlik reguit oor die lyf. Die dorsale en anale vinne is laag en lank. Die stertvin is bolrond en die pektorale en bekken vinne is kort. Die vis is gewoonlik groenerig grys van kleur en kan ook bruin aan die bokant wees. Die onderkant is wit. Die onvolwasse visse en wyfies het 'n swart streep deur die middel van die lyf wat onderbreek kan word deur 'n ry kolletjies en spikkels. Die uitgegroeide mannetjies het onreëlmatige oranjegeel tot pienk areas en wit spikkels by die punte van die pektorale vinne.

Habitat[wysig]

Die vis leef in seegrasbeddings in koraalriwwe in water wat tot 30 m diep is en vreet tweekleppiges, krappe, garnale en gastropodes.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Eksterne skakel[wysig]