Piesang

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Piesang
Piesangboom
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Magnoliophyta
Klas: Liliopsida
Orde: Zingiberales
Familie: Musaceae
Genus: Musa
Spesie: M. paradisiaca
Binomiale naam
Musa × paradisiaca
L.
Verskillende piesangsoorte
Piesang, rou
Voedingswaarde per 100 g
Energie 90 kcal   370 kJ
Koolhidrate     22.84 g
- Suikers  12.23 g
- Dieetvesel  2.6 g  
Vette 0.33 g
Proteien 1.09 g
Tiamien (Vit. B1)  0.031 mg   2%
Riboflavien (Vit. B2)  0.073 mg   5%
Niasien (Vit. B3)  0.665 mg   4%
Pantoteensuur (B5)  0.334 mg   7%
Vitamien B6  0.4 mg 31%
Folate (Vit. B9)  20 μg  5%
Vitamien C  8.7 mg 15%
Yster  0.26 mg 2%
Magnesium  27 mg 7% 
Fosfor  22 mg 3%
Kalium  358 mg   8%
Natrium  1 mg 0%
Sink  0.15 mg 2%
Fluoried 2.2 µg
Skakel na USDA Databasis-inskrywing
Persentasies is relatief tot VS
aanbevelings vir volwassenes.
Bron: USDA Voedingstof-databasis

'n Piesang, is 'n langwerpige en effens gebuigde vrug, afkomstig van 'n tropiese plant bekend as 'n piesangboom. In Indiese geregte word piesang meestal "pisang" (sic) genoem, die Maleise woord vir die vrug.

'n Piesangboom is in werklikheid 'n krui, en die grootste krui ter wêreld. Volgens die tuinboukundige definisie word die piesang egter tot 'n groente gereken terwyl dit kulinêr as 'n vrug beskou word, vanweë sy soet smaak.

'n Akker piesangbome produseer dieselfde hoeveelheid voedsel as veertig akkers aartappels of een honderd drie en dertig akkers koring. [1].

Eienskappe van die vrug[wysig]

Tussen piesangs kan onderskei word tussen dié wat rou geëet kan word, sogenaamde nageregpiesangs (Engels: dessert banana) soos die Giant Cavendish, en dié wat meer geskik is om gekook of gebak te word, sogenaamde kookpiesangs (Engels: cooking bananas).

'n Gewone nageregpiesang het 'n dik skil wat maklik vanaf die vrugvlees loskom en met die hand geskil kan word. Die vrug is, soos dit in Suid-Afrika voorkom, meestal geel, alhoewel piesangs in ander kleure soos byvoorbeeld rooi en pers ook voorkom.

Top dertien piesangprodusente[2]
Land 2011 (ton) 2012 (ton)
Vlag van Indië Indië 28 455 100 24 869 490
Vlag van Volksrepubliek van Sjina Sjina 10 705 740 10 845 265
Vlag van Uganda Uganda 10 180 000 9 770 000
Vlag van Filippyne Filippyne 9 165 043 9 225 998
Vlag van Ecuador Ecuador 7 427 776 7 012 244
Vlag van Brasilië Brasilië 7 329 471 6 902 184
Vlag van Indonesië Indonesië 6 132 695 6 189 052
Vlag van Tanzanië Tanzanië 3 291 319 ?
Vlag van Angola Angola 2 646 073 2 991 454
Vlag van Guatemala Guatemala 2 679 934 2 700 000
Vlag van Meksiko Meksiko 2 138 687 2 203 861
Vlag van Colombia Kolombië 1 164 161 1 982 702
Vlag van Kameroen Kameroen 1 100 059 1 400 000
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 384 697 386 680
Wêreld 142 658 898 139 054 944
Bron: FAOstat

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. (en) The Consolidated Encyclopedia - The Consolidated World Research Society, Ltd., 1946
  2. Insluitend sg. "Plantains". (In Uganda maak dit 95% uit)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.