Puebla de Zaragoza

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Puebla de Zaragoza
Catedral de Puebla en paisaje..jpg

Kaart Wapen
Puebla up close.png
Escudo Puebla.png
Vlag
Bandera de Puebla.png
 Land Vlag van Meksiko Meksiko
 Deelstaat Flag of Puebla.svg Puebla
 Koördinate 19°02′N 11°51′W
 Gestig op 16 April 1531
 Oppervlakte:  
 - Totaal 534,32 vk km
 Hoogte bo seevlak 2 882 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2010) 1 539 819
 - Bevolkingsdigtheid 2 619/vk km
 - Metropolitaanse gebied 2 668 347
 Tydsone CST (UTC -6)
 Somertyd CDT (UTC -5)
 Klimaat  
 - Tipe Subtropiese klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 17,2 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 13,9 / 18,4 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 961,2 mm
 Burgemeester Eduardo Rivera Pérez
 Amptelike Webwerf puebla.gob.mx
Die Iglesia de Puebla.
Die Regeringsgebou van die deelstaat Puebla.
Die Portal Hidalgo en die munisipale paleis in die historiese sentrum.

Puebla de Zaragoza ([ˈpweβla], Spaans: Heroica Puebla de Zaragoza, vroeëre koloniale naam: Puebla de los Ángeles) is die hoofstad en grootste stad van die Meksikaanse deelstaat Puebla en is op 16 April 1531 deur Spanjaarde onder Fray Julían Garcés en Juan Salmerón gestig. Die stad het 'n bevolking van 1 539 819 en van 2 668 347 in die metropolitaanse gebied in 2010 gehad en het 'n oppervlakte van 534,32 km².

Puebla de Zaragoza is geleë net suidoos van die metropolitaanse gebied van Meksikostad en word deur die twee aktiewe vulkane Iztaccíhuatl en Popocatépetl van die hoofstad geskei. Puebla de Zaragoza is die vierde grootste stad van Meksiko ná Meksikostad, Guadalajara en Monterrey.

Ná die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog het die stad tot 'n belangrike kulturele sentrum van die land gegroei. Die Spaanse naam Heroica Puebla de Zaragoza is afgelei van 'n Meksikaanse oorwinning tydens die Franse intervensie in 1862. Puebla de Zaragoza word beskou as een van die mooiste stede van Meksiko, met geboue, wat dateer uit die koloniale tydperk asook moderne Meksikaanse argitektuur. Die oustad van Puebla de Zaragoza is in 1987 deur die UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Eksterne skakels[wysig]


Vlag van Meksiko Hoofstede van Meksiko Wapen van Meksiko
Hoofstede AguascalientesCampecheChetumalChihuahuaChilpancingoColimaCuernavacaCuliacánDurangoGuadalajaraGuanajuatoHermosilloLa PazMéridaMexicaliMonterreyMoreliaOaxacaPachucaPuebla de ZaragozaQuerétaroSaltilloSan Luis PotosíTlaxcalaTepicTolucaTuxtla GutiérrezVictoriaVillahermosaXalapaZacatecas