Golf van Kalifornië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Eilande en beskermde gebiede van die Golf van Kalifornië*
Unesco-wêrelderfenisgebied

Wpdms nasa topo gulf of california.jpg
Ligging van die Golf van Kalifornië.
Ligging van Golf van Kalifornië op 'n kaart (Meksiko)
Golf van Kalifornië
Golf van Kalifornië
Koördinate: 27°45′11″N 111°40′22″W
Lande Vlag van Meksiko Meksiko
Tipe Natuur
Kriteria vii, ix, x
Verwysings 1182
Streek Noord-Amerika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2005  (29ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
Satellietbeeld van Neder-Kalifornië en die Golf van Kalifornië.

Die Golf van Kalifornië (ook Meer van Cortés of Rooiminiemeer genoem; Engels: Gulf of California, Sea of Cortés of Vermilion Sea; Spaans: Golfo de California, Mar de Cortés of Mar Bermejo) maak deel uit van die Stille Oseaan en is 'n golf in die weste van Meksiko, met 'n lengte van 1 126 km van noord ná suid en 'n breedte tussen 90 en 230 km van oos ná wes. Die oppervlakte daarvan is ongeveer 160 000 km².

Die Golf grens in die weste aan Neder-Kalifornië, in die suide aan die Stille Oseaan en in die ooste aan die vasteland van Meksiko. In die noorde vloei die Coloradorivier in die Golf in. Die eilande en beskermde gebiede van die Golf van Kalifornië is in 2005 deur die UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Eksterne skakels[wysig]