Olimpiese Somerspele 2016

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gnome globe current event.svg Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
Spele van die XXXIe Olimpiade
Olimpiesespele van 2016

Gehou in Rio de Janeiro, Brasilië
Deelnemende lande
Deelnemende atlete
Items 306 in 28 sporte
Openingseremonie 5 Augustus 2016
Sluitingseremonie 21 Augustus 2016
Amptelik geopen deur
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam
Vorige Spele 2012: Londen, Verenigde Koninkryk
Volgende Spele 2020: Tokio, Japan

Die Olimpiese Somerspele van die XXXIste Olimpiade sal tussen 5 en 21 Augustus 2016 in die Brasiliaanse stad Rio de Janeiro gehou word. Dit sal die een-en-dertigste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 word. Dit sal ook die eerste keer wes dat Rio de Janeiro en Brasilië die spele organiseer. Die Olimpiese Somerspele 2016 sal die eerste Somerspele in Suid-Amerika en die tweede ná dié een van 1968 in Meksikostad.

Die 2016 Paralimpiese Spele sal van 7 tot en met 18 September in Rio de Janeiro gehou word.

Kandidaatstede[wysig]

Die stede wat die Somerspele wou organiseer het tot 13 September 2007 tyd gehad om hulleself as kandidate te nomineer. In Junie 2008 is sewe kandidate amptelik deur die uitvoerende komitee van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) aanvaar.[1] Op 4 Junie 2008 word die lys verkort na vier kandidaatstede tydens 'n IOK-byeenkoms in Athene. Die vier stede was: Chicago, Madrid, Rio de Janeiro en Tokio.[2] Bakoe (Azerbeidjan), Doha (Katar) en Praag (Tsjeggië) is uigeskakel.[3] Op 2 Oktober 2009 is Rio de Janeiro tydens 'n IOK-kongres in Kopenhagen as die uitverkose stad aangewys.[4]

Die stemming het as volg beloop:

Kandidaatstad Land Kontinent Stemme Webtuiste
Rond 1 Rond 2 Rond 3
Rio de Janeiro Vlag van Brasilië Brasilië Suid-Amerika 26 46 66 (pt) (en) (es) (fr) rio2016.org.br
Madrid Vlag van Spanje Spanje Europa 28 29 32 (es) (en) (fr) madrid2016.es
Tokio Vlag van Japan Japan Asië 22 20 - (ja) (en) (fr) tokyo2016.or.jp
Chicago Vlag van Verenigde State Verenigde State Noord-Amerika 18 - - (en) chicago2016.org

Sporte[wysig]

Die IOK besluit tydens 'n kongres in Oktober 2009 om rugby en golf weer vanaf 2016 op die Olimpiese program te plaas. Hierdie sporte dien as plaasvervangers vir bofbal en sagtebal wat vir die laaste keer in 2008 aangebied is.[5]

Die sportsoorte wat beoefen sal word sluit in:

Atletiek
Pluimbal
Basketbal
Boks
Boogskiet
Gewigoptel
Gimnastiek
Artisties
Ritmies
Wipmat
Golf
Handbal
Hokkie
Judo
Kanovaart
Sprint
Slalom
Moderne vyfkamp
Ruitersport
Roei
Rugby
Skerm
Skyfskiet
Tafeltennis
Taekwondo
Tennis
Driekamp
Sokker
Vlugbal
Strand
Saal
Fietsry
Baan
BMX
Bergfiets
Padfiets
Stoei
Seil
Swemsport
Duik
Gesinchroniseerde swem
Waterpolo
Swem

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:


Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896 · 1900 · 1904 · 1906* · 1908 · 1912 · 1916 · 1920 · 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1996 · 2000 · 2004 · 2008 · 2012 · 2016 · 2020

Olimpiese Winterspele: 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1994 · 1998 · 2002 · 2006 · 2010 · 2014 · 2018 · 2022
Internasionale Olimpiese Komitee - Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.