Spikkelbaars

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Spikkelbaars
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Centrarchidae
Genus: Micropterus
Spesie: M. punctulatus
Binomiale naam
Micropterus punctulatus
(Rafinesque, 1819)

Die Spikkelbaars (Micropterus punctulatus) is 'n varswatervis wat natuurlik in Noord-Amerika voorkom. In Suid-Afrika word hulle in riviere van die Wes- en Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Zimbabwe gevind. Die vis is in 1939 in Suid-Afrika losgelaat en in 1945 in Zimbabwe. In Engels staan die vis bekend as die Spotted bass.

Voorkoms[wysig]

Die vis is donker olyfkleurig aan die bokant met gelerige sye. Daar is ook donker olyf, diamantvormige bane op die sye wat 'n band vorm. Die vis is ligter aan die onderkant met kolle en word tot 600 mm lank. Die sylyn is volledig. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 2.04 kg en die wêreldrekord is 4.19 kg.

Habitat[wysig]

Die vis verkies effens troebel water in stadigvloeiende riviere en damme. Hulle is roofvisse en vreet insekte, krappe, paddas en ander visse. Die mannetjie maak 'n nes in vlak water en die vis broei in die vroeë somer. Die mannetjie pas die eiers en larwes op.

Hierdie spesie blyk die spesie te wees wat sukkel om in Suider-Afrika aan te pas.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Eksterne skakel[wysig]