Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kaart van die Nasionale Padstelsel

Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Beperk) (Engels: South African National Roads Agency, afgekort SANRAL) is 'n Suid-Afrikaanse publieke maatskappy wat verantwoordelik is vir die bestuur, instandhouding en ontwikkeling van Suid-Afrika se nasionale padnetwerk. SANRAL is in 1998 ingevolge die die wet op die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk en Nasionale Paaie, wet nr. 7 van 1998, gestig. Hulle hoofkantoor is in Samrand, naby Midrand in Gauteng.

e-tol[wysig]

Hoofartikel: e-tol.

Op 3 Desember 2013 stel SANRAL 'n omstrede e-tolstelsel op die hoofweë van Gauteng in werking. Die paaie wat hierdeur geraak word is die N1, N3, N12 en die R21. Motoriste wat die paaie gebruik kan 'n e-skyfie koop of 'n dagpas aanskaf. Rekeninge word uitgestuur aan padgebruikers wat nie by SANRAL geregistreer is nie.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]