N8 (Suid-Afrika)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Padteken van die N8.
Die N8 word in rooi aangedui.

Die N8 is een van die nasionale paaie in Suid-Afrika. Die pad verbind Groblershoop, Noord-Kaap met Maserubrug in die Vrystaat.

Vrystaat[wysig]

Die N8 begin by die doeanepos, Maserubrug, op die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho. Aan die Lesothokant van die grens is die hoofstad van Lesotho, Maseru. Die Caledonrivier skei die twee lande. Na 12 km moet links gedraai word by 'n T-aansluiting, waarvandaan die N8 wes hou Bloemfontein se kant toe. Ladybrand is net noord van die T-aansluiting. Na 45 km word daar by die Tweespruit afdraai verby gery, 20 km verder is Thaba Nchu. Na nog 59 km is die reisiger in Bloemfontein. Ongeveer halfpad tussen Thaba Nchu en Bloemfontein word die Modderrivier gekruis. In Bloemfontein gaan die N8 eers verby die N6 nasionale pad se beginpunt en kruis dan die N1 nasionale pad. Die N8 hou steeds wes en 81 km verder word verby die afdraai van die R48 hoofpad na Koffiefontein gery. Die pad swaai noordwes vir 82 km en loop dan verby die Paardebergslagveld waar die Modderrivier weer gekruis word, gaan die Noord-Kaap binne en bereik Kimberley.

Noord-Kaap[wysig]

In Kimberley kruis die N8 die N12 nasionale pad, hou steeds wes en na 68 km gaan die pad deur Schmidtsdrif en kruis die Vaalrivier op pad na die dorpie Campbell wat 30 km verder is. Na nog 46 km – die pad bly reguit wes – word Griekwastad bereik. Na 'n verdere 82 km word die nedersetting Volop bereik. Die N8 hou aan en ongeveer 32 km verder stuit die Oranjerivier die N8 en die pad swaai noordwes al langs die oewer van die rivier langs. Die nedersetting Boegoeberg is aan die oorkant van die rivier. Na ongeveer 10 km kruis die N8 die Oranjerivier en eindig in die dorpie Groblershoop, waar die pad nou by die N10 nasionale pad aansluit.[1]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Padlangs deur Suid-Afrika. 2010. ISBN 978-1-77007-751-5