N17 (Suid-Afrika)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Padteken van die N17.
Die N17 word in rooi aangedui.

Die N17 is een van die nasionale paaie in Suid-Afrika. Die pad verbind Johannesburg, Gauteng met Mbabane, Swaziland via die Oshoekgrenspos.

Gauteng[wysig]

Die N17 begin naby Wemmerpan, suid van City Deep. Die pad gaan suidoos en later oos tot dit onder deur die N12 nasionale pad gaan. Dit kruis dan die N3 nasionale pad by die Germiston/Randse Lughawe Wissellaar. Nou gaan die N17 verder oos en gaan suid van Germiston, Brakpan en Springs verby. Die N17 hou steeds oos verby Devon en gaan dan Mpumalanga binne.

Mpumalanga[wysig]

Nou gaan die pad verby Leandra tot in Kinross. Die N17 hou steeds oos, verby Secunda en Trichardt tot in Bethal. Na 'n verdere 55 km bereik die N17 die dorp Ermelo. Hier kruis die pad die N11 nasionale pad en die beginpunt van die N2 nasionale pad. Die N17 swaai nou noordoos, kruis die Vaalrivier, amper by sy oorsprong, en gaan deur Chrissiesmeer. Warburton is 24 km verder oos en Lochiel 36 km verder. Hiervandaan is dit ongeveer 25 km tot by die Oshoekgrenspos.[1]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Padlangs deur Suid-Afrika. 2010. ISBN 978-1-77007-751-5