Swaarddraer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Swaarddraer
Bewaringstatus
Status TNC G5.svg
Secure (TNC)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Cyprinodontiformes
Familie: Poeciliidae
Genus: Xiphophorus
Spesie: X. hellerii
Binomiale naam
Xiphophorus hellerii
Heckel, 1848

Die Swaarddraer (Xiphophorus helleri) is 'n varswater vis wat inheems is aan suidelike Meksiko en Honduras. In Suid-Afrika kom hulle in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Otjikotomeer in Namibië voor. In Engels staan die vis bekend as Swordtail.

Voorkoms[wysig]

Die vis het 'n kenmerkende lang dorsale vin, die manlike gonopodium en die verlengde onderste gedeelte van die stertvin - die sogenaamde swaard. Die kleur van die vis varieer, die mees bekendste variasie soos gevind in akwariums is oranje-rooi met 'n swart omlynde swaard. Die visse wat in die natuur voorkom het 'n bruin streep op die rug, helder groen-oranje streep op die lyf en 'n helder groen-swart omlynde swaard. Die wyfie se kleure is nie so helder as die mannetjie s'n nie. Die mannetjie word 80 mm en die wyfie 120 mm lank.

Habitat[wysig]

Die verkies warmer en stil waters om in te leef, 20 - 26°C en te broei. Hulle vreet klein water ongewerweldes. Die vis is 'n hermafrodiet, die groot wyfies kan mannetjies word.

Trivia[wysig]

Die vis is die eerste keer in 1974 in die natuur in Suid-Afrika opgemerk, vermoedelik afkomstig van visse wat uit akwariums vrygelaat is.

Sien ook[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Bron[wysig]

Eksterne skakel[wysig]