Turkanameer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Satellietfoto
Die Turkanameer

Die Turkanameer is in die noorde van Kenia en was voorheen bekend as die Rudolfmeer. Die meer is 250 km lank en 60 km wyd. Dit is die grootste meer in 'n woestyn in die wêreld en is deel van die Groot Skeurvallei. Dit het geen uitvloei nie en verloor water slegs deur verdamping. Die noordelike punt van die meer is in Ethiopië. Die Omorivier mond uit in die meer.

Antropologie[wysig]

’n Rekonstruksie van die Turkana-seun se gesig.

Sowat 2 tot 3 miljoen jaar gelede was die meer groter en die gebied vrugbaarder, en was dit ’n woonplek van vroeë hominiede. Die paleoantropoloog en omgewingsbewaarder Richard Leakey was aan die hoof van verskeie uitgrawings in die gebied en talle belangrike vondste van Hominini-oorblyfsels is hier gedoen. Die 2 miljoen jaar oue skedel KNM ER 1470 is in 1972 hier gevind. Die naam Homo rudolfensis is in 1986 deur V.P. Alexeev voorgestel daarvoor – dit is afgelei van die ou naam, Rudolfmeer.

In 1984 is die Turkana-seun, ’n feitlik volledige skelet van Homo ergaster, ook hier ontdek en in 1999 die 3,5 miljoen jaar oue skedel Kenyanthropus platyops, wat beteken "die Platgesigmens van Kenia".

Bron[wysig]