Universiteit van Pretoria

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Universiteit van Pretoria
Old Arts Faculty Building, University of Pretoria.jpg
Die Ou Lettere gebou

Leuse: Ad Destinatum Persequor
Leuse in Afrikaans: Met ywer en volharding streef ek na die doel
Leuse in Engels: With zeal and perseverance I strive towards the goal[1]
Gestig: 4 Maart 1908[2]
Tipe: Openbare universiteit[3]
Befondsing: R2 470 miljoen[4] (31 Desember 2010)
Kanselier: Wiseman Nkuhlu
Personeel: 4 099 (voltydse aanstellings)
Studentetal: 38 934 Kontak
18 475 Afstand
57 409 Totaal[5]
Voorgraadse studente: 28 450[5]
Nagraadse studente: 10 484[5]
Ligging: Pretoria, Gauteng
25°45′13″S 28°13′47″O Koördinate: 25°45′13″S 28°13′47″O
Kampus: 7 Suburban kampusse en fasiliteite 1120 ha (2767 akker)[6][7]
Kleure:                Blou, rooi en goud
Bynaam: Tuks of Tukkies[2]
Gelukbringer: Oom Gert[8]
Affiliasies: AAU
ACU[9]
CDIO[10]
FOTIM[11]
HESA
IEASA
Webtuiste: up.ac.za
Die Kya Rosa was die eerste tuiste van die universiteit
Die Ou Merensky Biblioteek

Die Universiteit van Pretoria (algemeen na verwys as Pretoria, UP, Tuks, of Tukkies) is 'n multi-kampus openbare navorsings universiteit in Pretoria die administratiewe en de facto hoofstad van Suid-Afrika.

Die universiteit het in 1908 ontstaan as die Pretoria-kampus van die Johannesburg gebaseer Transvaalse Universiteitskollege (waarvan die naam Tukkies afgelei is) en het gegroei uit die oorspronklike 32 studente in 'n enkele laat-Victoriaanse huis tot ongeveer 39000 in 2010. Die universiteit het in 1930 selfstandig geword toe die Privaat Wet op die Universiteit van Pretoria (Wet no. 13 van 1930) die universiteit tot 'n onafhanklike universiteit verklaar, met Tielman Roos as eerste kanselier (tot 1932).

Sedert 1997 het die Universiteit meer navorsingsuitsette elke jaar as enige ander instelling van hoër onderwys in Suid-Afrika geproduseer, soos gemeet deur die Departement van Onderwys se akkreditasie maatstaf. In 2008 het die universiteit 15,8% van alle meesters-en doktorsgrade in Suid-Afrika toegeken, die hoogste persentasie in Suid-Afrika.

Hede[wysig]

In die 1980 het die universiteit sowat 13 000 studente gehad, maar in 2005 was daar reeds 38 499 residensiële studente aan die universiteit geregistreer, teenoor 28 093 in 2000. Die verhouding tussen wit en swart was 60:40. Buiten die residensiële studente was daar ook sowat 13 000 studente wat vir die universiteit se afstandsonderrigprogramme ingeskryf was, hoofsaaklik in die Fakulteit Opvoedkunde. Van hulle was meer as 95% swart.

Klasse het in 1989 op die Witbank-kampus begin.

Fakulteite[wysig]

Die universiteit het nege fakulteite:

Hatfieldkampus Geboue[wysig]

Koshuise[wysig]

Kampus Hatfield Groenkloof Prinshof Mamelodi Onderstepoort Nagraads
Mans Boekenhout, Kollege, Maroela, Mopanie, Olienhout, Taaibos Kiaat Olympus
Dames Asterhof, Erika, Jasmyn, Katjiepiering, Klaradyn, Madelief, Magrietjie, Nerina Inca, Lilium, Zinnia Curlitzia
Gemeng TuksVillage Hippokrates Tuks Naledi Onderstepoort Tuksdorp, Protea, Jacaranda

Bekende alumni[wysig]

Mimi Coertse in Wene

Bronne[wysig]

  • Amptelike Tukkies-webwerf
  • Schirmer, Peter. Die beknopte geïllustreerde ensiklopedie van Suid-Afrika, Central News Agency (Pty.) Ltd. Johannesburg, 1981.
  1. (en) Pretoria University”. Web.archive.org: 6 Augustus 2009. URL besoek op 1 Junie 2014.
  2. 2,0 2,1 (en) History of the University of Pretoria. Besoek op 1Junie 2014.
  3. (en) South Africa's universities. Besoek op 1 Junie 2014.
  4. (en) University of Pretoria Annual Review. Besoek op 1 Junie 2014
  5. 5,0 5,1 5,2 (en) UP in a Nutshell 2009. Besoek op 1 Junie 2014.
  6. (en) Campuses > University of Pretoria”. Web.up.ac.za. URL besoek op 1 Junie 2014.
  7. (en) Up in a Nutshell 2009”. (PDF) URL besoek op 1 Junie 2014.
  8. (en) Oom Gert > University of Pretoria”. Web.up.ac.za. URL besoek op 1 Junie 2014.
  9. (en) Members by country”. Acu.ac.uk. URL besoek op 1 Junie 2014.
  10. (en) The CDIO INITIATIVE. Besoek op 1 Junie 2014.
  11. (en) Members. Besoek op 1 Junie 2014.
  12. United Nations Human Rights Council appoints Dean of Faculty of Law, University of Pretoria as Special Rapporteur on extrajudicial, summary or arbitrary executions Besoek op 23 September 2010

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: