Witbank

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Witbank
eMalahleni
Uitsig oor Witbank
Uitsig oor Witbank
Ligging van Witbank op 'n kaart (Mpumalanga)
Witbank
Witbank
 Witbank se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 25°50′S 29°12′O Koördinate: 25°50′S 29°12′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distrik Nkangala
Munisipaliteit Emalahleni
Stigting 1890
Regering
 - Tipe Plaaslike Munisipaliteit
Oppervlak[1]
 - Stad 164,27 km²  (63,4 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Stad 108 673
 - Digtheid 662/km² (1 714,6/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 48.1%
 • Kleurling 2.0%
 • Indiër/Asiër 2.5%
 • Blank 46.8%
 • Ander 0.6%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 42.4%
 • Zoeloe 17.6%
 • Engels 13.7%
 • Noord-Sotho 7.6%
 • Ander 18.7%
Poskode (straat) 1035
Poskode (posbus) 1034
Skakelkode(s) 013
Webwerf: http://www.emalahleni.gov.za/

Witbank (amptelik eMalahleni) is 'n stad geleë op die hoëveld van Mpumalanga, Suid-Afrika. Die naam Witbank is afgelei van 'n wit sandsteen uitspanplek waar transportdrywers voorheen gerus het. In Maart 2006 word die stad herdoop na eMalahleni, die Nguni woord vir "die plek van kool". Die stad is in 'n steenkoolmyngebied met 22 mynmaatskappye in 'n gebied met 'n radius van kleiner as 40 km. Daar is verskeie steenkoolaangedrewe kragstasies naby, asook 'n staalfabriek wat steenkool gebruik, naamlik Highveld Steel and Vanadium Corporation.

Witbank is gestig in 1890. Vroeëre pogings om steenkool te myn was onsuksesvol totdat die spoorlyn van Pretoria in 1894 die gebied bereik het. Witbank het 'n dorp geword in 1903, 'n munisipaliteit op 13 Mei 1910, en daarna stadstatus verkry (datum onbekend). Die Universiteit van Pretoria het in 1989 'n kampus hier opgerig.

Distrik[wysig]

Die distrik is 2 900 km2 groot en gemengde boerdery word beoefen: bees en suiwel, mielies, aartappels en patats. Daar is ook groot neerslae van ystererts, chroom, mangaan, asbes, mika en kobalt in die distrik.[2]

Trivia[wysig]

  • Winston Churchill, toe 'n jong soldaat-joernalis, het in 'n mynskag naby Witbank weggekruip na sy ontsnapping uit Pretoria tydens die Tweede Vryheidsoorlog.
  • Witbankdam is die grootste munisipale dam in die suidelike halfrond.
  • Die N4 nasionale pad gaan deur Witbank en aan die oostekant van Witbank sluit die N12 nasionale pad by die N4 aan.

Persone gebore in Witbank[wysig]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]