Witstinkhout

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Witstinkhout
Ook: Kamdeboo-stinkhout
S.A. nasionale nommer: 39 [1]
Celtis africana - blare
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiospermae
(geen rang): Eudicots
(geen rang): Rosids
Orde: Rosales
Familie: Ulmaceae
Genus: Celtis
Spesie: C. africana
Binomiale naam
Celtis africana
N.L.Burm.

Die Witstinkhout (Celtis africana) is 'n boom wat algemeen en wydverspreid op die Hoëveld voorkom. Dit is bestand teen droogte en groei vinnig. Die boom het klein, liggeel blomme wat blom vanaf Augustus tot Oktober. Die boom bied nie net skuiling vir vee nie maar voëls en diere eet die vrugte. Dit maak ook 'n goeie koelteboom in 'n tuin en benodig vol son en matige water. Die blare is drie-arig vanuit 'n asimmetriese basis en die rande van die boonste helfte of twee derdes van die blare is grof saagtandig alhoewel dit ook soms ongetand kan wees.

Die boom het niks in gemeen met die ware stinkhout Ocotea bullata nie maar het sy naam gekry weens die onaangename reuk van die vars gekapte hout. Die hout is ook van 'n swakker gehalte as dié van die ware stinkhoutboom.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Witstinkhout (kategorie)
  1. Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik, 23. ISBN 978-1-77007-759-1.