Wuppertal
Voorkoms
Hierdie artikel handel oor die stad in Duitsland. Vir die Suid-Afrikaanse dorpie, sien gerus Wupperthal.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Noordryn-Wesfale |
Koördinate | 51°16′N 7°13′E / 51.267°N 7.217°O |
Stigting | 1 Augustus 1929 |
Stadstatus | 1 Augustus 1929 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 168,41 vk km |
Hoogte bo seevlak | 160 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2011) | 349 470[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 2 077/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Andreas Mucke (SPD) |
Amptelike Webwerf | www.wuppertal.de |
Wuppertal is 'n stad in Noordryn-Wesfale in die weste van Duitsland, met 'n bevolking van 349 470 op 31 Desember 2011 en 'n oppervlakte van 168,41 km². Die stad is op 1 Augustus 1929 uit die stede Elberfeld, Barmen, Ronsdorf, Cronenberg en Vohwinkel as Barmen-Elberfeld gestig en ná 'n referendum in 1930 in Wuppertal vernoem. Wuppertal is wêreldwyd bekend vir die Wuppertaler Schwebebahn, 'n hangspoorlyn, wat op 1 Maart 1901 as Einschienige Hängebahn System Eugen Langen geopen is.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Information und Technik Nordrhein-Westfalen". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2011. Besoek op 4 Oktober 2011.