Alan Winde

From Wikipedia
Jump to navigation Jump to search
Alan Winde
Alan Winde
Winde in 2018

Premier van die Wes-Kaap
Ampsbekleër
Termynaanvang
22 Mei 2019
Voorafgegaan deur Helen Zille

Wes-Kaapse Provinsiale Minister van Gemeenskapsveiligheid
Ampstermyn
1 November 2018 – 22 Mei 2019
Eerste minister Helen Zille
Voorafgegaan deur Dan Plato
Opgevolg deur Albert Fritz

Wes-Kaapse Provinsiale Minister van Ekonomiese Geleenthede
Ampstermyn
26 Mei 2014 – 1 November 2018
Eerste minister Helen Zille
Voorafgegaan deur Posisie gevestig
Opgevolg deur Beverley Schäfer

Wes-Kaapse Provinsiale Minister van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme
Ampstermyn
7 Mei 2009 – 26 Mei 2014
Eerste minister Helen Zille
Voorafgegaan deur Garth Strachan
Opgevolg deur Pos afgeskaf

Ampsbekleër
Termynaanvang
15 Junie 1999

Persoonlike besonderhede
Gebore Alan Richard Winde
18 Maart 1965 (1965-03-18) (54 jaar oud)
Politieke party Demokratiese Alliansie
Eggenoot/eggenote Tracy Winde
Kind(ers) 2
Alma mater Knysna Hoërskool

Alan Richard Winde (gebore 18 Maart 1965) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en sakeman. Hy is die huidige Premier van die Wes-Kaap. Hy is ook 'n lid van die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement. Hy het voorheen as Wes-Kaapse Provinsiale Minister van Gemeenskapsveiligheid, Wes-Kaapse Provinsiale Minister van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme en Wes-Kaapse Provinsiale Minister van Ekonomiese Geleenthede gedien. Hy is 'n lid van die Demokratiese Alliansie.[1]

Vroeë lewe en loopbaan[edit | edit source]

Winde is op 18 Maart 1965 in Knysna gebore. Hy het van die Hoërskool Knysna bygewoon en daar gematrikuleer. Hy het in 1993 met Tracy Winde getrou. Hulle het twee kinders met die name Lauren en Jason.[2]

Winde is 'n entrepreneur en sakeman wat baie klein besighede gevestig het. Hy het ook vir baie noemenswaardige maatskappye gewerk. Voordat hy in die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement gedien het, was hy 'n munisipale en distriksraadslid. In 1999 is hy as 'n lid verkies. Hy het al verskeie leierskapsposisies in die Demokratiese Alliansie koukus gehou. In Mei 2009 is hy deur Premier Helen Zille aangestel om die posisie van die Provinsiale Minister van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme te beklee. Hy is in Mei 2014 aangestel as die Provinsiale Minister van Ekonomiese Geleenthede.[3][4]

In September 2018 het die Demokratiese Alliansie Winde gekies om die party se voorste kandidaat in die Wes-Kaap te wees.[5]

In Oktober 2018 het Premier Helen Zille aangekondig dat Winde die uitvoerende Provinsiale Minister van Gemeenskapsveiligheid, Dan Plato, sal opvolg as hy opstad gaan om Burgemeester van Kaapstad te word. Winde het op 1 November 2018 die amp beklee.[6]

Winde is verkies as Premier van die Wes-Kaap op 22 Mei 2019 nadat 'n meerderheid van die lede van die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement vir hom gestem het. Hy volg Helen Zille op. Hy is die tweede premier van die Demokratiese Alliansie.[7]

Bronne[edit | edit source]

Eksterne skakels[edit | edit source]

Voorafgegaan deur
Helen Zille
Premier van die Wes-Kaap
2019–hede
Opgevolg deur
Ampsbekleër
Voorafgegaan deur
Dan Plato
Wes-Kaapse Provinsial Minister van Gemeenskapsveiligheid
2018–2019
Opgevolg deur
Albert Fritz
Voorafgegaan deur
Pos gestig
Wes-Kaapse Provinsiale Minister van Ekonomiese Geleenthede
2014–2018
Opgevolg deur
Beverley Schäfer
Voorafgegaan deur
Garth Strachan
Wes-Kaapse Provinsiale Minister van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme
2009-2014
Opgevolg deur
Pos afgeskaf