Alfred Stieglitz

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Alfred Stieglitz
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Alfred Stieglitz in 1902
Foto geneem deur die Amerikaanse fotograaf Gertrude Käsebier

Gebore 1 Januarie 1864
Hoboken, New Jersey, VSA
Oorlede 13 Julie 1946 (op 82)
New York, New York, VSA
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Beroep Fotograaf
Bekend vir Fotowerk en kunsgalerye in New York
Huweliksmaat Emmeline Obermayer (∞ 1893, geskei in 1924)
Georgia O'Keeffe (∞ 1924−1946)
Alfred Stieglitz: Venetian Canal
(ook bekend as A Bit of Venice)
Camera Notes, Vol. 1, Nr. 2, 1897

Alfred Stieglitz HonFRPS (* 1 Januarie 1864 in Hoboken, New Jersey; † 13 Julie 1946 in New York) was 'n Amerikaanse fotograaf en bevorderaar van moderne kuns wat gedurende sy loopbaan van vyftig jaar 'n beslissende bydrae gelewer het tot die aanvaarding van fotografie as kunsvorm. Naas sy fotografiese werk het Stieglitz in die vroeë 20ste eeu baie tyd en moeite gewy aan sy kunsgalerye te New York waar hy baie Europese avantgarde-kunstenaars aan die Amerikaanse publiek bekendgestel het. Stieglitz was getroud met die skilderes Georgia O'Keeffe.