Ammoniumpersulfaat
Algemeen | |
---|---|
Naam | Ammoniumpersulfaat |
Chemiese formule | (NH4)2S2O8 |
Molêre massa | 228,21 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 7727-54-0 [1] |
Voorkoms | wit kristalle[1] |
Reuk | reukloos[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=783,0pm; b=800,8pm; c=950,5pm; β= 139,39° [2] |
Ruimtegroep | P21/c |
Nommer | 14 |
Strukturbericht | K4₁ |
Smeltpunt | ontbind 120 °C[1] |
Kookpunt | |
Digtheid | 1,982 [g/cm3][1] |
Oplosbaarheid | 835 [g/kg] [1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | onbrandbaar |
LD50 | 226 [mg/kg] (interperineaal; rot)[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Ammoniumpersulfaat of ammoniumperoksidisulfaat is 'n sout van die basis ammoniak en perswaelsuur. Dit het die chemiese formule (NH4)2S2O8.
Kristalstruktuur
[wysig | wysig bron]Ammoniumpersulfaat kristalliseer in 'n monokliniese struktuur wat die argetipe van die K41-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.[2]
Die struktuur bestaan uit tetraëdriese ammoniumione en persulfaatione (S2O82−) wat bestaan uit twee SO4-tetraëders wat deur 'n peroksiedbinding -O-O- met mekaar verbind is.
Chemiese eienskappe
[wysig | wysig bron]Ammoniumpersulfaat is 'n oplosbare sterke oksideermiddel. Die standaardreduksiepotensiaal vir die reaksie:
is +2,1 V. Dit is effens minder as osoon s'n (+2,2 V), maar meer as waterstofperoksied s'n (+1,7 V) of permanganaat s'n (1,7 V).[3]
By verhitting ontbind dit in swael- en stikstofoksiede.[1] Dit is 'n outoredoksreaksie waarin die stikstofatoom van die ammoniumioon deur die persulfaatioon geoksideer word.
Die verbinding word deur elektrolise van oplossings van ammoniumsulfaat[4] of ammoniumwaterstofsulfaat verkry.
Gebruike
[wysig | wysig bron]Dit word as reukverwyderende skoonmaak- en bleikmiddel gebruik. Ander gebruike is in voedselpresevering, elektroplatering en die skoonmaak van gedrukte stroombaanborde.[1]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 "Ammonium Persulfate". PubChem NIH.
- ↑ 2,0 2,1 "Ammonium Persulfate [(NH4)2S2O8, K41] Structure : AB4C_mP24_14_e_4e_e". Aflow.
- ↑ "Persulfate". Redox tech.
- ↑ "METHOD OF PRODUCING AMMONIUM PERSULFATE" (PDF). European patent application EP 3 569 739 A1.