Bittereinder (musiekgroep)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Bittereinder
Bitter-float-web 03.jpg
Bittereinder by Louis Minnaar
OorsprongPretoria (Suid-Afrika)
Genre(s)Kletsrym
Hip-Hop
Aktiewe jare2009 - hede
EtiketteRhythm Records
Webwerfhttp://www.bittereinder.com
LedePeach van Pletzen
Louis Minnaar
Jaco Van Der Merwe
Portal.svg Musiekportaal

Bittereinder is 'n Suid-Afrikaanse kletsrym- /hiphop groep wat in 2009 ontstaan het.[1][2][3] Die groep bestaan uit Peach van Pletzen, Louis Minnaar en Jaco van der Merwe. Hulle musiek word deur 'n prominente "beat" gekenmerk, wat in meeste van hul musiek, met die uitsondering van enkele snitte gehoor kan word. Die naam Bittereinder is van die Bittereinders ontleen, wat 'n faksie van die Boere-guerrillavegters was wat in die latere stadiums van die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) teen die magte van die Britse Ryk geveg het.

Hulle het al by groot Suid-Afrikaanse musiekfeeste soos Oppikoppi opgetree,[4] en oor Suider-Afrika en Nederland.[5]

hulle is bekend vir hul hoë-energie vertonings.[6]

Bittereinder op TV[wysig | wysig bron]

In Augustus 2013 verskyn Bittereinder prominent op 'n CNN-program genaamd "Inside-Africa", in 'n episode oor kulturele diversiteit in Suid-Afrika, veral in die hoofstad, Pretoria (Jaco sing ook in A Tale of Three Cities oor sy grootword in Pretoria). Die episode het uittreksels uit baie van Bittereinder se optredes en musiekvideo's bevat en 'n in-diepte onderhoud met Jaco oor grootword as 'n Afrikaner in die 1990's in Suid-Afrika.

Bittereinder het ook al verskyn en "live" opgetree op/by die volgende:

  • e.TV se hip hop program "Shiz NIZ",
  • SABC 2 se Afrikaanse sepie "7de Laan",
  • 5FM se "live @ 5",
  • kykNET se "Kwêla",
  • kykNET se "Hoor-Hoor!",
  • KykNET se "Fiesta ",
  • MK se regstreekse program "Studio 1" (verskeie kere),
  • verskyn in 'n samewerking met acapella groep "The Soil" op SABC 2 se musiek mengsel program "Jam Sandwich",
  • 5FM se Mashlab waar hulle 'n samewerking met "The Plastics & Jon Savage" geproduseer get in 2013,
  • 2012 Pendoring-toekennings as die opening act in Kaapstad,
  • en weer opgetree by die 2013 Pendoring-toekennings in 2013,
  • Bittereinder het ook by die 2013 en 2014 Tempo-toekennings opgetree,
  • Jaco was ook die aanbieder vir die 2013 MK Awards (saam met Bouwer Bosch).

Toekennings en nominasies[wysig | wysig bron]

Na hul ontstaan in 2009 het hulle dadelik begin werk aan hul eerste album 'n Ware Verhaal, en dit vrygestel deur Rhythm Records in Oktober 2010. Die album het 'n SAMA (South African Music Award) vir die beste alternatiewe Afrikaanse album van 2011 ontvang, en is genomineer vir 2 Tempo Toekennings en 3 MK Awards. Die 4 snitte en video's van die eerste album het almal nommer 1 plekke op die MK Top 10 en verskeie radiostasies regoor Suid-Afrika behaal. Bittereinder stel hul 2de album Die Dinkdansmasjien in November 2012 vry, en weer bereik die eerste 3 snitte nommer 1 posisies op radio en videoparades (charts) regoor Suid-Afrika. Die Dinkdansmasjien is ook genomineer vir 'n SAMA, 'n MK-toekenning en 'n Tempo-toekenning. Tussen die 2 albums het Bittereinder saamgewerk met Jack Parow, Chris Chameleon, Tumi Molekane (Tumi & the Volume), Inge Beckmann (Lark / Beast), Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar / Die Heuwels Fantasties), Toast Coetzer (Buckfever Underground), Nederlandse kletsrymer Tim Beumers, Richard Brokensha en die Kaapse kletsrymer HemelBesem en nog baie ander. Bittereinder het 'n soliede reputasie oor die afgelope 4 jaar van optredes by feeste in Suid-Afrika, Nederland, Mosambiek en Namibië verkry, en is vir 2013 & 2014 se MK Award genomineer vir "Best Live Act". Bittereinder het die 2013 "Best Local Band" Rekord-toekenning gewen.

Lede[wysig | wysig bron]

  • Jaco van der Merwe - voorsanger/kletsrymer en skrywer (2009 – hede)
  • Peach van Pletzen - produsent, en sanger (2009 – hede)
  • Louis Minnaar - produsent, sanger en visuele kunstenaar (2009 – hede)

Diskografie[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (se) Simberg, Nina (2014-05-07)
  2. https://www.fluidmedia.co.za/bittereinde
  3. http://jagermeister.co.za/en-za/music/bittereinder/
  4. MK South African Youth Music Channel (2013-09-02), Oppikoppi BewilderBeast: OppiCouch With Bittereinder, https://www.youtube.com/watch?v=xzJQE_M0KG4, besoek op 2017-05-24 
  5. "Bittereinder's rapping beats enthral crowd". Lowvelder (in Engels). 2017-05-06. Besoek op 2017-05-24. 
  6. Wakefield, Adam (2014-08-11). "Twenty years of Oppikoppi - merging old and new". The M&G Online (in Engels). Besoek op 2017-05-24.