Bo-Zambezi-skreeubaber

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Bo-Zambezi-skreeubaber
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Siluriformes
Familie: Mochokidae
Genus: Synodontis
Spesie: S. woosnami
Binomiale naam
Synodontis woosnami
Boulenger, 1911

Die Bo-Zambezi-skreeubaber (Synodontis woosnami) is 'n varswater vis wat voorkom in die boonste gedeelte van die Zambezirivier, die Kunenerivier en die Okavangorivier. In Engels staan die vis bekend as die Upper Zambezi squeaker.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis se kop is hard met pantserplate; die aan die kant is ovaal sonder ‘n skerp punt.

Hy het drie paar baarde. Die buitenste paar gaan by die vin-basis verby en beide die ander twee pare (wat fyn vertakkings het) raak die vin-basis.

Daar is 30-48 tande in die onderkaak.

Die rugvin se stekel is net so lank as die kop, baie skerp en geboë met weerhakkies. Die vetvin is goed ontwikkel. Die stertvin is gevurk en goed ontwikkel. Die anale vin is goed ontwikkel en die buikvin is gepaard en goed ontwikkel. Die borsvin is goed ontwikkel met ‘n skerp stekel en weerhakkies wat teenoorgesteld geboë is.

Hy is soos ‘n haai gebou en word tot 205 mm lank. Sy lyf is olyfbruin tot vaalgrys, ligter na onder. Hy het merke (kolle) wat veral na agter in mekaar loop, en dan strepe en bande vorm.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis kom orals voor; diep of vlak, vinnig of stadigvloeiende of stilstaande water maar verkies stilstaande water en veral diep vleie met plant bedekte bodems.

Hy is ‘n omnivoor en vreet alles maar behoort aangekeer te word met ‘n klein hoekie en ‘n stukkie vleis, vis of erdwurm as aas.

Algemeen[wysig | wysig bron]

Die vis maak ‘n knorgeluid en hy kan maklik met die Luiperdkol-skreeubaber verwar word. Let dan op sy langer baarde, pantserplaat sonder ‘n skerp punt, sy merke en sy rugvin is korter as die Luiperdkol-skreeubaber.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]