Boerejood

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Boerejood

Totale bevolking:
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Taal: Jiddisj, Afrikaans, Hebreeus
Geloofsoortuiging: Judaïsme
Verwante etniese groepe: Afrikaners en Jode

Die Boerejode (of Afrikanerjode) is die afstammelinge vanuit die Afrikanerdom en die Jodedom. Aan die begin van die 19de eeu, toe groter geloofsvryheid in Suid-Afrika bekendgestel is, het ’n klein getal Asjkenazim vanuit die Verenigde Koninkryk en Duitsland geëmigreer. Die eerste Suid-Afrikaanse Asjkenasimgemeente is in 1841 gestig. Tussen die laat 19de eeu en 1930 het groot getalle uit Litaue en Letland na Suid-Afrika verhuis. Hul kultuur en bydrae het die karakter van die Suid-Afrikaanse gemeenskap verander.

Volgens die Suid-Afrikaanse Jodemuseum het “baie van die latere immigrante met niks anders as hul spitsvondigheid en ervaring hier aangekom nie. Die meeste was tydens hul aankoms nie Engels magtig nie. Dikwels sou hulle eers Afrikaans voor Engels aangeleer het. Hierdie huishoudings was veeltalig, in die sin dat die ouers Jiddisj en Afrikaans gepraat het, terwyl die kinders Engels op skool geleer het.”

Die impak van Jiddisj op Afrikaans[wysig | wysig bron]

Enkele woorde uit Jiddisj (soos kugel, schlep, Schwarzer, sjiksa en weisser) het in die Afrikaanse taal neerslag gevind, soos die Jiddisj-sprekende Suid-Afrikaanse Jode binne die gemeenskap geassimileer het en kruisbestuiwing tussen die twee tale plaasgevind het. Met verloop van tyd het die invloed van Jiddisj begin kwyn soos die Jode weggetrek het. Die Universiteit van Kaapstad se biblioteek van Joodse Studies het ’n omvattende versameling Suid-Afrikaanse boeke in Jiddisj, hoewel nie soseer wat betref die tydskrifte nie.

Bekende Boerejode[wysig | wysig bron]

  • Olga Kirsch was ’n vername Afrikaanse skryfster en digteres.
  • Rabbi M. Romm het die Siddoer (Hebreeuse gebedeboek) in Afrikaans vertaal en is wyd versprei.

Lees ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]