Bontkwagga

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bontkwagga
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Perissodactyla
Familie: Equidae
Genus: Equus
Subgenus: Hippotigris
Spesie: E. quagga
Binomiale naam
Equus quagga
Boddaert, 1785
Verpsreiding van die bontkwagga
Verpsreiding van die bontkwagga
Subspesies

E. q. quagga
E. q. burchelli
E. q. boehmi
E. q. borensis
Chapman's Zebra
Crawshay's Zebra

Sinonieme
Equus burchelli Linnaeus, 1761

Die bontkwagga (Equus quagga, vroeër Equus burchelli) is die algemeenste en wydste verspreide kwagga. Vroeër kon die bontkwagga van die suide van Ethiopië deur Oos-Afrika tot so ver suid as Angola en die ooste van Suid-Afrika aangetref word. Tans is die verspreiding egter meer beperk, as gevolg van menslike aktiwiteite soos, maar dit is steeds volop in natuurreservate. Die dier staan ook bekend as die Vlaktekwagga, Bontsebra en Burchellse Kwagga.

Bou en kleur[wysig]

Die bontkwagga kan geïdentifiseer word aan sy swart strepe wat om die pens strek en die duidelike skaduweestrepe tussenin. Gewoonlik kan ligte kastaiingbruin strepe op die boud waargeneem word. Anders as by die bergkwagga is die strepe op die bene alleen op die buitekant en is hulle nie so duidelik van die knieë af ondertoe nie. Die bontkwagga het ook geen keelvel nie. 'n Volwasse bontkwagga het 'n gemiddelde massa van 300 - 400 kg en 'n hoogte van ongeveer 130 cm.

Die wyfie is vir 12 maande dragtig, waarna sy aan 'n enkele vulletjie geboorte skenk. 'n Bontkwagga het 'n moontlike lewensduur van 35 jaar.

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]

  • Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.