Brendan Peyper

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Brendan Peyper
Gebore7 Augustus 1996 (1996-08-07) (24 jaar oud)
Bloemfontein, Suid-Afrika
GenresPopmusiek
Beroep(e)Sanger
InstrumenteStem, kitaar
Jare aktief2015 – hede
Webwerfbrendanpeyper.com

Brendan Peyper (gebore 7 Augustus 1996 in Bloemfontein) is 'n Suid-Afrikaanse sanger en akteur.[1] Sy debuutalbum, Stop, wag, bly nog 'n bietjie word in 2015 vrygestel. Sy tweede album, Hy loop oop, verskyn in 2017. In 2018 word sy derde album, Dis nie sonde nie, vrygestel.

Uitbeelding[wysig | wysig bron]

Peyper matrikuleer in 2014 aan die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein en studeer daarna klankingenieurswese aan die Universiteit van die Vrystaat, maar staak sy studies om sy sangloopbaan te bevorder.

Stop, wag, bly nog ’n bietjie (2015)[wysig | wysig bron]

Peyper se debuutalbum, Stop, wag, bly nog 'n bietjie, is op 9 Oktober 2015 vrygestel. Die treffers vanaf hierdie album sluit in: "Stop, wag, bly nog 'n bietjie", "Die perfekte een vir my" en "Tafelberg vir twee".[2] Die musiekvideo vir "Stop, wag, bly nog 'n bietjie" ontvang 2 miljoen kyke op YouTube.[3][4]

Dis nie sonde nie (2018)[wysig | wysig bron]

Brendan Peyper se derde ateljeelbum, Dis nie sonde nie, verskyn in Oktober 2018. Die eerste enkelsnit vanaf hierdie album, "Jy laat dit maklik lyk", word onmiddellik die mees afgelaaide Afrikaanse liedjie op iTunes en betree Maroela Media se Top-20 op 15 Oktober 2018 in die 20ste posisie.[5] "Jy laat dit maklik lyk" beweeg boontoe tot op 17de plek in Maroela Media se Top-20 van 23 Oktober 2018.[6]

Diskografie[wysig | wysig bron]

Ateljeealbums[wysig | wysig bron]

Lewendige opnames[wysig | wysig bron]

  • 2017: Sinkplaat sessies

Versamelalbums[wysig | wysig bron]

Enkelspelers[wysig | wysig bron]

  • 2015: "Tafelberg vir twee"
  • 2015: "Die perfekte een vir my"
  • 2015: "Stop, wag, bly nog 'n bietjie"
  • 2018: "Klim jou Everest"

Filmografie[wysig | wysig bron]

  • 2016: Sonskyn beperk

Toekennings en nominasies[wysig | wysig bron]

Jaar Seremonie Toekenning Genomineer Resultate
2016 Suid-Afrikaanse Musiekpryse[7][8] Beste Popalbum (Afrikaans) Stop, wag, bly nog 'n bietjie Genomineer
2016 Ghoema-toekennings[8] Manlike Kunstenaar Van Die Jaar Stop, wag, bly nog 'n bietjie Genomineer
2016 Ghoema-toekennings[8] Nuweling Van Die Jaar Stop, wag, bly nog 'n bietjie Genomineer

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Waldeck, Elsje (7 Mei 2015). "Verkies kitaar bo tokse". Volksblad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016.
  2. Waldeck, Elsje (7 Julie 2015). "Plaasseun tref no. 9 op iTunes". Die Burger. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Só lees die suksesverhaal van Brendan Peyper (18), die plaasseun van Bloemfontein, wie se musiekvideo van sy debuuttreffer, Stop, wag, bly nog ’n bietjie, die eerste Afrikaanse musiekvideo nóg is wat so hoog op die iTunes-ranglys pryk.
  3. Sarie (19 November 2018). 10 dinge wat jy van Brendan Peyper moet weet.
  4. YouTube. Brendan Peyper: Stop, wag, bly nog ’n bietjie
  5. 5,0 5,1 "Corlea is no. 1 op Maroela Media Top-20". 15 Oktober 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2019. Besoek op 31 Oktober 2018. Onbekende parameter |publikasie= geïgnoreer (help)
  6. Cloete, Pieter (23 Oktober 2018). "Karlien van Jaarsveld klim die Maroela Media Top-20". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2019. Besoek op 31 Oktober 2018. Onbekende parameter |publikasie= geïgnoreer (help)
  7. "#SAMA22: The Nominees For The 2016 South African Music Awards (SAMAs)" (in Engels). 21 April 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 2 September 2018.
  8. 8,0 8,1 8,2 Salzwedel, Zoë (18 Februarie 2019). "Brendan Peyper maak sý perde los!". Rooi Rose. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2019. Besoek op 16 Februarie 2020.

Bronne[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Musiekvideo's[wysig | wysig bron]