Burmanbos-natuurreservaat
Burmanbos-natuurreservaat | |
---|---|
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Naaste dorp | Morningside, Durban |
Koördinate: 29°49′03″S 31°01′01″O / 29.81750°S 31.01694°O | |
Oppervlak | 50 ha |
Webblad | Burman Bush Nature Reserve, durban.gov.za |
Burmanbos-natuurreservaat is geleë in Morningside, Durban, sowat 8 km noord van die sentrale besigheidsdistrik. Dit is 'n klein kuswoud wat ongeveer 55 hektaar beslaan,[1] en deel uitmaak van Durban se Opelugstelsel (D'MOSS). Onder die reservaat se uitstaande woudboomsoorte tel die platkroon, boskoorsbessie en rooiboekenhout.[2]
Dit bied drie wandelpaaie aan besoekers, die Pithi (500 m), Hadeda (1 km) en Bosolien (2 km) voetpaaie,[1] wat deur die bos vleg om toegang tot die verskeie flora en fauna te bied. 'n Uitkykplatform aan die noordepunt van die buitenste voetpad bied 'n wye uitsig oor die Umgenirivier, vanaf Connaught-brug tot die Blue lagoon.[2]
Die fauna is oorwegend skugtere spesies. Die reservaat bevat Durban se grootste bevolking blouduikers, benewens duikers, is daar ook gebande en swartkwasmuishonde, ystervarke en troppe blouapies.[2] Die voëllewe is meer aktief in die oggendure en word maklikste vanaf die sentrale privaatpad besigtig.[3] Dit sluit in rooibekkakelaars, mikstert- en kleinbyvangers, nataljanfrederik, geelborskleinjantjies en paradysvlieëvangers.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 "Burman Bush Nature Reserve". Parks & Nature Reserves (in Engels). eThekwini Municipality. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2019. Besoek op 22 Desember 2012.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 Olivier, Willie & Sandra (2003). Hiking Trails of South Africa. Struik. p. 156. ISBN 1868727874.
- ↑ Boon, R. "Burman Bush". Southern African Birding. Besoek op 23 Desember 2012.[dooie skakel]
Eksterne skakel
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Burmanbos.
- (en) Webtuiste met 'n oorsig van Durban Geargiveer 12 Januarie 2010 op Wayback Machine