Platkroon
Platkroon | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. adianthifolia
|
Binomiale naam | |
Albizia adianthifolia (Schumach.) W.F.Wight, (1909)
| |
Sinonieme | |
|
Die platkroon (Albizia adianthifolia) is 'n boom wat voorkom op die rande van woude, in klowe en in oop boswêreld langs die kusstreke van KwaZulu-Natal asook Limpopo en Mpumalanga. Die boom is ook inheems in Angola, Benin, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Ekwatoriaal-Guinee, Eswatini, Gaboen, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Liberië, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Tanzanië, Togo, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Die boom het dikwels 'n plat kroon en kan baie groot word en die bas van die boom is giftig. Die blare is dubbelveervormig saamgestel, tot 2 cm lank met kenmerkende reghoekige blaartjies in die veerblare. Die geelgroen blomme word in blomhofies gedra en is dikwels rooi, pienk of groen op die punte. Die peule is omtrent 10 cm lank.
Die boom se FSA-nommer is 148[1] en staan in Engels bekend as die Flat crown.[2]
Daar is twee subspesies:
- Albizia adianthifolia var. adianthifolia
- Albizia adianthifolia var. intermedia (De Wild. & T.Durand) Villiers
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
- ↑ Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 50. ISBN 978-1-77007-759-1.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Plants of the World
- REDLIST Sanbi
- IUBN Rooilys veilige spesies
- Albizia
- Bome van Afrika
- Flora van Angola
- Flora van Benin
- Flora van Burundi
- Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo
- Flora van Ekwatoriaal-Guinee
- Flora van Eswatini
- Flora van Gaboen
- Flora van Gambië
- Flora van Ghana
- Flora van Guinee
- Flora van Guinee-Bissau
- Flora van Ivoorkus
- Flora van Kameroen
- Flora van Kenia
- Flora van Liberië
- Flora van Madagaskar
- Flora van Malawi
- Flora van Mosambiek
- Flora van Nigerië
- Flora van die Republiek die Kongo
- Flora van Rwanda
- Flora van Senegal
- Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek
- Flora van Sierra Leone
- Flora van Soedan
- Flora van Suid-Afrika
- Flora van Tanzanië
- Flora van Togo
- Flora van Uganda
- Flora van Zambië
- Flora van Zimbabwe