Dane van Niekerk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Dane van Niekerk
2017–18 WBBL PS v SS 17-12-30 van Niekerk (01).jpg
Dane van Niekerk in 2017
Volle naam Dane van Niekerk
Gebore 14 Mei 1993 (1993-05-14) (28 jaar oud)
Pretoria, Suid-Afrika
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm bybreek
Rol Veelsydig
Internasionale geskiedenis
Enigste Toets (no 57) 16 November 2014 v Indië
EDI debuut (no 53) 8 Maart 2009 v Wes-Indië
Laaste EDI 30 Januarie 2020 v Nieu-Seeland
EDI hempno. 81
T20I debuut (no 18) 11 Junie 2009 v Wes-Indië
Laaste T20I 5 Maart 2020 v Australië
T20I hempno. 17
Eersterang spaninligting
Jaar(e) Span
2008–2012 Noordelikes
2008–2010 Highveld Vroue
2012–tans Oostelike Provinsie Vroue
2015–2016 Melbourne Renegades
2016 Loughborough Lightning
2016–2017 Sydney Sixers
2018 Surrey Stars
2021– Oval Invincibles
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI T20I
Wedstryde 1 102 83
Lopies aangeteken 22 2115 1839
Kolfgemiddeld 11.0 36.46 28.73
100s/50s 0/0 0/5 0/5
Hoogste telling 15 102 90*
Aflewerings geboul 222 4344 1459
Paaltjies 1 130 63
Boulgemiddeld 90.0 19.60 21.06
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 0 2 0
10 paaltjies in 'n wedstryd 0 n/a n/a
Beste boulontleding 1/90 5/17 4/17
Vangskote/Stonkings 0/– 52/– 25/–
Bron: Cricinfo, 14 Maart 2021

Dane van Niekerk (gebore 14 Mei 1993) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler, gebore in Pretoria en opgevoed by die Hoërskool Centurion. As 'n bybreekdraaibouler, het sy in een Toets, 102 Internasionale eendagwedstryde (EDI) en 83 Internasionale Twintig20's (T20I) vir Suid-Afrika gespeel. Sy is die vrouespankaptein in al drie vorms (Toets, EDI en T20I) sedert Junie 2016.[1]

Vroeë lewe en loopbaan[wysig | wysig bron]

Sy het plaaslik vir Highveld Vroue en Northerns Vroue gespeel voor sy een van die eerste twee Suid-Afrikaanse vroue word (saam met Marizanne Kapp) om ingesluit te word in die Oostelike Provinsie krieketspanakademie (mansspan).[2] Sy is gekies as deel van die Suid-Afrikaanse nasionale vrouekrieketspan vir die 2009 Vroue-Wêreldbekerkriekettoernooi in Australië. Sy het in die 2013 Vroue Krieketwêreldbeker gespeel, sowel as Suid-Afrika verteenwoordig by die Vroue-Wêreldbeker Twintig20 in 2009, 2010, 2012, 2014 en 2016.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.