Modjadjiskloof

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Duiwelskloof)
Spring na: navigasie, soek
Modjadjiskloof
Duiwelskloof
Ligging van Modjadjiskloof op 'n kaart (Limpopo)
Modjadjiskloof
Modjadjiskloof
 Modjadjiskloof se ligging in Limpopo
Koördinate: 23°42′S 30°8′O Koördinate: 23°42′S 30°8′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Limpopo
Distrik Mopani
Munisipaliteit Groter Letaba
Oppervlak[1]
 - Dorp 2,99 km²  (1,2 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 1 815
 - Digtheid 607/km² (1 572,1/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 47.4%
 • Kleurling 0.5%
 • Indiër/Asiër 2.8%
 • Blank 47.9%
 • Ander 1.5%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 43.7%
 • Noord-Sotho 23.3%
 • Ander 11.0%
Poskode (straat) 0835
Poskode (posbus) 0835
Skakelkode(s) 015

Duiwelskloof (sedert 2004 amptelik Modjadjiskloof) is 'n dorp in die ooste van die Limpopo-provinsie, Suid-Afrika, noord van die dorp Tzaneen.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp het ontwikkel rondom die spoorweghalte nadat die spoorlyn tussen Tzaneen en Soekmekaar die dorp in 1914 bereik het. Die dorp is in 1919 opgemeet en in 1920 geproklameer. Die naam is waarskynlik afkomstig van die togryers wat deur die reënseisoen hier moes deur sukkel wanneer die grond soos 'n moeras geword het.

Omgewing[wysig]

Die landgoed van dr. Hans Merensky, Westfalia, is sowat 5 km suid van die dorp.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Modjadjiskloof”. Sensus 2011.