Elektron-neutrino

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die elektron-neutrino is ’n eerstegenerasie-lepton.

Die elektron-neutrino is ’n elementêre lepton wat geen netto elektriese lading het nie. Saam met die elektron vorm dit die eerste generasie van leptons, vandaar sy naam. Dit is in 1956 ontdek.

Soos alle elementêre deeltjies het die elektron-neutrino ’n antideeltjie, die elektron-antineutrino, warvan sommige eienskappe dieselfde magnitude maar ’n teenoorgestelde teken het.