Ford Expedition
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Ford Motormaatskappy |
Produksie | 1996–huidig |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Volgrootte SNV |
Bakstyl | 5-deur SNV |
Uitleg | Voorenjin, agterwielaandrywing / vierwielaandrywing |
Spesifikasies | |
Massa | 2631 kg (standard) 2754 kg (EL)[1] |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Ford Bronco (standaard) Ford Excursion (Expedition EL/Max) |
Die Ford Expedition is 'n volgrootte sportnutsvoertuig (SNV) wat deur die Ford Motormaatskappy gebou en in Amerika bemark word en 'n topverkoper bly.[2] Dit is in 1996 bekendgestel vir die 1997-modeljaar as 'n plaasvervanger vir die Ford Bronco. Die grote het voorheen tussen die kleiner Ford Explorer en die groter Ford Excursion ingepas, maar sedert die 2005 modeljaar is dit die grootste Ford nutsvoertuig en laaste Ford wat op 'n bakkie gebaseer was.
Die Expedition is grootliks gebaseer op die Ford F-150 bakkie en gaan voort om verskeie komponente (transmissie, elektronika, onderstelbeheerstelsels, sleepfunksies, ens.) te deel met die volgrootte halftonbakkie. Sedert 2007 word sitplek vir tot agt passasiers gebied. Vanaf sy bekendstelling in 1996 tot 2014 is dit aangedryf deur 'n standaard Triton V8-enjin. In 2015 is dit vervang met 'n meer kompakte, dog doeltreffender en kragtiger 3.5L EcoBoost V6-enjin. Die Expedition vervang die Excursion, waarvan produksie in 2005 gestaak is, en Ford bied tans die standaardgrootte model en die langer EL/Max model (van 2007 tot op hede) aan.
'n Aangepaste diensvoertuig weergawe is beskikbaar vir wetstoepassingsagentskappe, brandweerdepartemente en mediese nooddienste.
Aandrywing
[wysig | wysig bron]Oor die jare is verskeie enjins gebruik en die spesifikasies is elke jaar of drie aangepas, selfs al het die verplasing en basiese ontwerp die selfde gebly. Die tabel gee slegs 'n paar van die vele enjins aan.
Naam | Tipe | Jare | Krag |
---|---|---|---|
Ford Triton V8 | 4.6 L 16 klep V8 | 2001 tot 2002 | 179 kW; 395 N⋅m |
Ford Triton V8 | 5.4 L 24 klep V8 | 2009 tot 2014 | 239 kW; 495 N⋅m |
EcoBoost V6 | 3.5 L 24-valve EcoBoost V6 | 2014 tot 2017 | 272 kW; 569 N⋅m |
EcoBoost V6
met Snelaansitter (Eng: Start-Stop) |
3.5 L 24-valve EcoBoost V6 | 2018 tot hede | 280 kW; 637 N⋅m |
EcoBoost V6
met Snelaansitter |
3.5 L 24-valve EcoBoost Platinum V6[3] | 2022 tot hede | 328 kW; 691 N⋅m |
Vanaf 2018 tot op hede word 'n tienspoed outomatiese SelectShift ratkas in al die modelle aangebied.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "2009 Ford Expedition Safety" (in Engels). Consumer Guide. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2012. Besoek op 9 Mei 2009.
- ↑ "Ford SA's passenger-car exodus: a look at the sales figures", Ryan Bubear, www.bizcommunity.com, 6 Apr 2022
- ↑ "Ford F-150, Expedition gain power, lose weight". autonews.com. 15 Junie 2017. Besoek op 2017-06-16.
Fordmodelle | ||
---|---|---|
Huidige modelle:
EcoSport
• Edge
• Expedition
• Explorer
• Everest/Endeavour
• Fiesta
• Figo
• Focus
• Galaxy
• Ikon
• Ka
• Kuga
• Mondeo
• Mustang
• Puma
• Ranger
• Territory
• Transit Custom | ||
Wysig hierdie sjabloon |